Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/97 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1997
Ons Koninkryksbediening—1997
km 8/97 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van R1,20 elk: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? In ontoegekende gebied: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R4,00. September: Die geheim van gesinsgeluk teen ’n bydrae van R4,00. Oktober: Jaarintekening per pos op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R48,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R24,00. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word. In die tweede helfte van die maand sal daar begin word om Koninkryksnuus Nr. 35 te versprei. November: Die verspreiding van Koninkryksnuus Nr. 35 sal voortgesit word. Gemeentes wat hulle gebied gedek het deur ’n eksemplaar van Koninkryksnuus Nr. 35 by huisbewoners in elke huis of woning te laat, kan die Kennis-boek aanbied.

◼ Bethel het DRINGEND broers nodig wat gekwalifiseerde dieselwerktuigkundiges, loodgieters, elektrisiëns of elektroniese tegnici is. Is jy tussen 19 en 35 jaar oud, geniet jy goeie gesondheid, is jy ongetroud, of indien getroud, sonder enige afhanklikes? Kan jy jou beskikbaar stel vir die spesiale voorreg van Betheldiens? Skryf dan asseblief aan die Genootskap of skakel hulle vir verdere inligting.

◼ Op 29 en 30 Augustus 1997 sal die Genootskap ’n inventaris opstel van alle lektuur wat by Bethel in voorraad is. Gevolglik sal daar gedurende hierdie dae geen gemeentelike lektuurbestellings opgemaak word om versend of afgehaal te word nie.

◼ Elke gemeente sal drie Literature Inventory-vorms (S-AB-18) ontvang. Die gemeentelike sekretaris en die lektuurkneg moet vroeg in Augustus besluit op ’n datum aan die einde van die maand waarop hulle ’n inventaris van die gemeente se lektuurvoorraad kan opstel. Al die lektuur in voorraad moet getel word, en die totale moet op die Literature Inventory-vorm ingevul word. Die aantal tydskrifte in voorraad kan by die tydskrifkneg gekry word. Voltooi die vorm asseblief teen 1 September en pos die vorms so gou moontlik aan die Genootskap nadat julle julle staat vir Augustus ontvang het. Hou ’n deurslagkopie vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkstaat gebruik word. Die inventaris moet deur die sekretaris gekontroleer word, en die ingevulde vorm moet deur die presiderende opsiener nagegaan word. Die sekretaris en die presiderende opsiener moet die vorm teken.

◼ Lapelkaarte vir die 1997-streekbyeenkoms moet bestel word, en die gemeente se lektuurrekening sal met tien sent per kaartjie gedebiteer word. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wie se lektuurrekening ’n nadelige saldo het, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Bestel asseblief in veelvoude van 20, waar moontlik. Lapelkaarte is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu. Plaas asseblief julle bestelling op die Literature Order-vorm (S-AB-14). Hierdie bestellings moet die Genootskap voor 1 November 1997 bereik. Daarna sal ons nie bestellings vir lapelkaarte behartig nie.

◼ LET WEL: Die volgende streekbyeenkomsveranderinge:

12-14 Desember: Mafikeng (nuwe datum)

19-21 Desember: Bloemfontein, Gaborone (nuwe datum)

26-28 Desember: Ermelo (Zulu; ekstra streekbyeenkoms)

Manzini (Engels; nuwe terrein)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel