Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 5 Mei tot 18 Augustus 1997. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Hiskia het in die voetstappe van sy vader, Agas, gevolg deur die aanbidding van valse gode in Juda te bevorder. [it-1 bl. 1103]
2. Kenmerke van die laaste dae word net in Matteus 24, Markus 13 en Lukas 21 gevind. [kl-AF bl. 102 venster]
3. Johannes die Doper se vraag in Lukas 7:19 toon dat hy ’n gebrek aan geloof gehad het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87-AF 1/1 bl. 16.]
4. Tydens Jesus se laaste Pasga saam met sy dissipels, was dit net Petrus wat vir hom gesê het: ‘Ek sal u hoegenaamd nie verloën nie.’ [Weeklikse Skrifgedeelte]
5. Daar is geen Bybelse bewys wat toon dat die apostel Petrus ’n getroude man was nie. [Weeklikse Skrifgedeelte]
6. Die Koninkryk waaroor Jesus gepreek het, is ondergeskik aan God se universele soewereiniteit. [kl-AF bl. 91 par. 4]
7. Herodes Antipas was die heerser wat beveel het dat Johannes die Doper onthoof moet word. [it-1 bl. 1095]
8. Toe Jesus vir die Fariseërs gesê het dat die Koninkryk van God in hulle midde is, het hy na homself as die toekomstige Koning verwys (Luk. 17:21). [kl-AF bl. 91 par. 6]
9. Daar bestaan geen redelike verduideliking waarom die boek Lukas ’n groter woordeskat as die ander drie Evangelies saam bevat nie. [si-AF bl. 187 par. 2]
10. Geen lid van die Bestuursliggaam kon Oos-Europese lande besoek terwyl daar ’n verbod op ons werk in daardie deel van die wêreld was nie. [jv-AF bl. 506 par. 1]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Watter rolprent wat in 1954 deur die Genootskap vrygestel is, het gehore ’n kykie gegee na die omvang van Jehovah se organisasie? [jv-AF bl. 480 par. 4]
12. Hoe bied party verkondigers die uitdaging die hoof om in die bediening mense te vind om mee te praat? [jv-AF bl. 516 par. 1-3]
13. Waarom het Jehovah Elia beveel om ‘Hasael as koning oor Sirië te salf’? (1 Kon. 19:15, NW). [it-1 bl. 1046]
14. Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het: “Julle moet sout in julle hê en vrede onder mekaar bewaar”? (Mark. 9:50). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w85-AF 5/15 bl. 24 par. 12.]
15. Watter waardevolle les kan ons uit Jesus se reaksie op die arm weduwee se bydrae leer? (Mark. 12:42-44). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87-AF 12/1 bl. 29 par. 7–bl. 30 par. 1.]
16. Hoe word party van Petrus se eienskappe in Markus se skryfstyl gesien, en wat is moontlik die rede hiervoor? [si-AF bl. 182 par. 5-6]
17. Waarom kan ons, as ons Matteus 6:9, 10 met Lukas 11:2-4 vergelyk, die gevolgtrekking maak dat die modelgebed nie bedoel was om woordeliks herhaal te word nie? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 5/15 bl. 16 par. 6.]
18. Hoe word ons vertroue in die egtheid van die Bybel versterk wanneer ons tekste soos Lukas 3:1, 2 lees? [si-AF bl. 188 par. 7]
19. Watter tekste in Psalms en Hebreërs toon dat Jesus nie onmiddellik ná sy hemelvaart begin regeer het nie? [kl-AF bl. 96 par. 15]
20. Aangesien ons weet dat Jesus nooit ’n gebrek aan geloof in God gehad het nie, waarom het hy uitgeroep: “My God, my God, waarom het u my verlaat?” (Mark. 15:34). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87-AF 6/15 bl. 31.]
Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
21. Die huwelik van Herodes Antipas en Herodias was onder die Joodse wet _________________________ sowel as _________________________. [it-1 bl. 1100]
22. Moses het sy swaer, _________________________, gevra om as ’n _________________________ vir die nasie Israel op te tree toe hulle uit die omgewing van die berg Sinai getrek het na die _________________________. [it-1 bl. 1126]
23. _________________________, koning van Tirus, het Salomo met die bou van die tempel in Jerusalem gehelp deur _________________________ en _________________________ te voorsien. [it-1 bl. 1121]
24. Harold King en Stanley Jones is in 1947 na _________________________ gestuur, wat dit een van die eerste Oosterse lande gemaak het waarheen sendelinge gestuur is wat by die Gileadskool opgelei is. [jv-AF bl. 489 par. 2]
25. Sibia en Light was name van _________________________ wat deur sendelinge gebruik is om in die Wes-Indiese Eilande te getuig. [jv-AF bl. 463 par. 2]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
26. Om in die behoefte aan sendelinge te voorsien, is die (Teokratiese Bedieningskool; Koninkryksbedieningskool; Gileadskool) in (1939; 1943; 1946) gestig. [jv-AF bl. 458 par. 3]
27. (Aleksander; Diotrefes; Himeneus), ’n eerste-eeuse afvallige, het blykbaar geleer dat die opstanding simbolies is en dat daar in die toekoms geen opstanding van die dooies sou wees nie. [it-1 bl. 1164]
28. Die slagting van seuntjies onder twee jaar was, kort ná die geboorte van Jesus, op bevel van (Herodes Agrippa I; Herodes Antipas; Herodes die Grote). [it-1 bl. 1093]
29. Toe Ismael vir Isak gespot het, soos in Genesis 21:8, 9 gemeld word, was dit die begin van ’n tydperk van (400; 430; 450) jaar van teistering vir die Jode, wat geëindig het met Israel se verlossing uit (Assirië; Babilon; Egipte) in (537; 740; 1513) v.G.J. [it-1 bl. 1216]
30. Jesus het spesifieke diensinstruksies vir diegene gegee wat hy uitgestuur het om te gaan preek, soos opgeteken in (Matteus 10; Matteus 24; Lukas 21). [si-AF bl. 180 par. 31]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:
Mark. 7:20-23; 13:10; Luk. 8:31; Hand. 12:20-23; 17:11
31. Ons moet wakker wees om enige goddelose of verderflike invloed te identifiseer wat in ons verstand of hart kan opkom en dit verwyder voordat dit wortelskiet. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 11/1 bl. 14 par. 16.]
32. Gedurende “die duisend jaar” sal die demone saam met Satan in ’n doodse onbedrywigheid wees (Op. 20:3). [Weeklikse Skrifgedeelte]
33. ’n Gevoel van dringendheid is nodig sodat die wêreldwye getuieniswerk in ’n beperkte tyd verrig kan word. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 10/1 bl. 27.]
34. Jehovah se Getuies het al tienduisende mense leer lees en skryf, wat mense die geleentheid bied om die Bybel persoonlik te bestudeer. [jv-AF bl. 466 par. 3-4]
35. Mense moet daarteen waak om die eer vir hulleself te neem, want verwaandheid is aanstootlik vir God, sowel as vir baie mense. [it-1 bl. 1097; sien ook w94-AF 9/1 bl. 21.]