Betrek ongelowige huweliksmaats
1 Dit is ’n bron van groot vreugde as egpare in ware aanbidding verenig is. Maar in baie gesinne volg slegs een van die huweliksmaats die weg van die waarheid. Hoe kan ons hierdie ongelowige huweliksmaats betrek en hulle aanmoedig om Jehovah saam met ons te aanbid?—1 Tim. 2:1-4.
2 Verstaan hoe hulle dink: Hoewel sommige ongelowige huweliksmaats dalk teen die waarheid gekant is, is die probleem dikwels eerder onverskilligheid of ’n wanindruk. ’n Persoon voel dalk uitgesluit of is jaloers oor sy of haar huweliksmaat se nuwe geestelike belangstelling. “Wanneer ek alleen by die huis was, het ek eensaam gevoel”, vertel een man. “Ek het gevoel dat my vrou en kinders my verlaat”, sê ’n ander een. Party mans dink dalk dat ’n godsdiens hulle gesin van hulle af wegneem. (Sien Die Wagtoring van 15 Augustus 1990, bladsye 20-3.) Dit is waarom dit die beste is om, indien moontlik, die man van die begin af te betrek in die tuisbybelstudie met sy vrou.
3 Werk saam as ’n span: Een Getuie-egpaar het met sukses saamgewerk om getroude mense te help om die waarheid aan te neem. Nadat die suster ’n studie met die vrou begin het, het die broer die man besoek. Hy kon dikwels ’n studie met die man begin.
4 Wees vriendelik en gasvry: Gesinne in die gemeente kan help deur belangstelling te toon in gesinne wat nog nie in ware aanbidding verenig is nie. ’n Paar vriendelike besoeke help dalk die ongelowige huweliksmaat om te sien dat Jehovah se Getuies hartlike, liefdevolle Christene is wat almal se belange op die hart dra.
5 Van tyd tot tyd kan die ouer manne onlangse pogings om ongelowige huweliksmaats te betrek, bespreek en bepaal wat nog gedoen kan word in die hoop om hulle vir Jehovah te wen.—1 Pet. 3:1, voetnoot in naslaanuitgawe.