Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Januarie: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R12,00 of Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R6,00. Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? of Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R12,00. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R4,00. Spits julle daarop toe om tuisbybelstudies te begin. April: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R48,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarintekening op halfmaandelikse uitgawes kos R24,00. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word.
◼ Daar sal vir alle gedoopte verkondigers wat die week van 19 Januarie by die Diensvergadering is die “Advance Medical Directive/Release”-kaart en die “Identity”-kaart vir hulle kinders gegee word.
◼ Vanaf Februarie, en nie later as 1 Maart nie, sal die nuwe openbare toespraak vir kringopsieners “Het jy God se beskouing van lewe?” wees.
◼ Gemeentes moet geskikte reëlings tref om die Gedenkmaal vanjaar op Saterdag, 11 April, ná sononder te vier. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar eers ná sononder begin word om die Gedenkmaalembleme om te stuur. Doen by plaaslike bronne navraag om te bepaal hoe laat sononder in julle omgewing plaasvind. Hoewel dit verkieslik is dat elke gemeente sy eie Gedenkmaalviering hou, is dit dalk nie altyd moontlik nie. As ’n paar gemeentes gewoonlik dieselfde Koninkryksaal gebruik, kan een of meer gemeentes dalk ander fasiliteite vir daardie aand gebruik. Die Gedenkmaal moenie so laat begin dat dit vir nuwe belangstellendes ongerieflik is om dit by te woon nie. Daarbenewens moet die rooster ook nie só druk wees dat daar geen tyd voor of ná die viering is om besoekers te groet, reëlings te tref vir voortgesette geestelike hulp vir belangstellendes of vir ’n algemene uitwisseling van aanmoediging nie. Nadat alle faktore deeglik oorweeg is, moet die ouer manne bepaal watter reëlings die beste sal wees sodat diegene wat die Gedenkmaal bywoon ten volle by die geleentheid baat kan vind.
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 1998-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag, 29 Maart, gehou word. ’n Skets sal voorsien word. Gemeentes wat daardie naweek die besoek van die kringopsiener, ’n kringbyeenkoms of ’n spesiale byeenkomsdag het, sal die spesiale toespraak die volgende week hou. Die spesiale toespraak moenie voor 29 Maart 1998 in enige gemeente gehou word nie.
◼ Vanaf die week van 4 Mei 1998 tot en met die week van 14 September 1998 sal Die Bybel—God se woord of die mens s’n? by die Gemeentelike Boekstudie studeer word.
◼ LET WEL: Die jaarteks vir 1998 sal R16,00 elk kos. Pas asseblief julle pryslys dienooreenkomstig aan.
◼ Ons baie spesiale Tydskrifdag sal op 4 April 1998 wees. In die verlede het baie dit geniet om aan die bedrywighede op ons spesiale Tydskrifdag deel te neem. Begin gerus nou al reëlings tref sodat julle vanjaar ’n volle aandeel daaraan kan hê. Gemeentes moet spesiale tydskrifbestellings so gou moontlik instuur.