Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R12,00 vir die groot formaat en R8,00 vir die sakformaat of Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R12,00. Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R4,00. Spits julle daarop toe om tuisbybelstudies te begin. April en Mei: Jaarintekening per pos op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R48,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarintekening op halfmaandelikse uitgawes kos R24,00. Klubintekeninge kos R24,00 en R12,00 onderskeidelik. Wend ’n spesiale poging aan om tydskrifte by mense te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word.
◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van al die gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om aan die uurvereiste te voldoen, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word.
◼ Gemeentes moet die 1998 Yearbook of Jehovah’s Witnesses saam met hulle lektuurbestellings vir Februarie begin bestel. Die jaarboek vir 1998 sal in Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Totdat hierdie boeke beskikbaar is en bestellings opgemaak word, sal hulle as “Back Ordered” op gemeentefakture verskyn. Jaarboeke is ’n beheerde item en sal teen R6,00 elk op die lektuurrekening gedebiteer word. Pioniers wat langer as ses maande op die lys is, kan ’n gratis eksemplaar ontvang waarvoor die gemeente krediet kan aanvra. Pioniers kan bykomende eksemplare teen R4,00 elk bekom.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
’n Boek vir alle mense (gemeente en publiek: R1,20; pioniers: R0,80)—Afrikaans, Chichewa, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Kroaties, Nederlands, Pools, Portugees, Russies, Sepedi, Serwies, Shona, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu
Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte (gemeente en publiek: R6,00; pioniers: R4,00; hierdie Bybel word nie teen ’n spesiale tarief aangebied nie)—Tsonga
◼ Nuwe braille-publikasies beskikbaar:
’n Boek vir alle mense (een bundel; gemeente, publiek en pioniers: R3,00)—Graad-twee Engels