Diensvergaderinge vir Julie
Week wat begin met 6 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus.
15 min: “Hoe goed is dit tog om altyd teenwoordig te wees!” Vrae en antwoorde. Sluit kommentare in uit die Ontwaak! van 8 Junie 1988, bladsye 19-21, om jongmense aan te moedig om vergaderinge gereeld by te woon.
20 min: “Ons naaste moet die goeie nuus hoor.” Reël dat twee of drie bekwame verkondigers die wenke hersien oor hoe om ’n paar van die brosjures wat die gemeente in voorraad het aan te bied. Verduidelik waarom hulle doeltreffend in die plaaslike gebied sal wees. Beklemtoon die doelwit om Bybelstudies in die Vereis-brosjure of die Kennis-boek te begin. Demonstreer hoe ’n aanbieding tydens die eerste besoek gedoen word, gevolg deur ’n herbesoek waartydens ’n studie aangebied word.
Lied 73 en slotgebed.
Week wat begin met 13 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Moedig almal aan om dit ernstig te oorweeg om gedurende Augustus hulppionierdiens te doen, wanneer daar vyf volle naweke sal wees.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Word jy deur die gees van die wêreld vergiftig? Toespraak deur ’n ouer man gebaseer op Die Wagtoring van 1 Oktober 1997, bladsye 25-9.
Lied 182 en slotgebed.
Week wat begin met 20 Julie
8 min: Plaaslike aankondigings. Hersien die venster met die titel “Vyf-en-sestigduisend!”
12 min: “’n Besoek wat ’n seën kan wees.” Bespreking tussen twee ouer manne. Verduidelik die doelwitte van herderswerk, soos hersien is in Die Wagtoring van 15 September 1993, bladsye 20-3. Spoor die gemeente hartlik aan om na die ouer manne se besoeke uit te sien.
25 min: “Pionierdiens—Is dit vir jou?” (Paragrawe 1-14). Diensopsiener gee kort inleidende kommentare en moedig almal aan om gewone pionierdiens ernstig te oorweeg. Dan bespreek hy vraag 1 en sluit kommentare in oor “Enthusiastic Pioneer Spirit” in die 1998 Yearbook, bladsye 104-5. Twee of drie gemeentelede wat ondervinding van pionierdiens het, sluit op die verhoog by hom aan om vraag 2 te bespreek. Hulle gee ’n praktiese, realistiese beskouing van hoe dit moontlik is om as pioniers materieel kop bo water te hou. Dan sluit twee ouers by die groep aan om vraag 3 te bespreek. Hulle gee positiewe redes waarom jongmense ’n loopbaan in die voltydse diens ernstig moet oorweeg. Moedig almal aan om volgende week se Diensvergadering by te woon, wanneer die res van die vrae bespreek sal word.
Lied 80 en slotgebed.
Week wat begin met 27 Julie
15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee. Kondig velddiensreëlings aan vir die eerste naweek in Augustus en moedig almal aan om daaraan deel te neem. Hersien “Die nuwe kringbyeenkomsprogram”.
30 min: “Pionierdiens—Is dit vir jou?” (Paragrawe 15-25). Toespraak en bespreking deur ’n ouer man. Reël voor die tyd met pioniers en diegene wat voorheen pionierdiens gedoen het om opregte kommentare op vrae 4 en 5 voor te berei. Hulle beklemtoon hoe belangrik dit is om ’n goeie rooster te hê en daarby te bly en gee voorbeelde van praktiese weeklikse velddiensroosters wat werklik werk. Die ouer man sluit af met ’n motiverende toespraak in antwoord op vraag 6. Die begin van die diensjaar, 1 September, is ’n goeie tyd vir nuwe pioniers om met hulle voltydse diens te begin. Aansoekvorms kan by enige lid van die Gemeentelike Dienskomitee verkry word.
Lied 51 en slotgebed.