Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die harde band en R3,75 vir die sagte band. Oktober: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! November: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die harde band en R3,75 vir die sagte band. Desember: Kennis wat tot die ewige lewe lei saam met die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte teen ’n bydrae van R9,00 wanneer die harde band aangebied word en R7,75 wanneer die sagte band aangebied word.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangewys is, moet die gemeente se rekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Kondig in die gemeente aan wanneer dit gedoen is.
◼ Gemeentes moet Jehovah se Getuies se kalender vir 1999 saam met hulle lektuurbestelling vir September begin aanvra. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Dit is ’n beheerde item. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur.
◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persone wat dalk herstel wil word.
◼ LET WEL: Hou asseblief die volgende in gedagte wanneer jy die Genootskap skakel: (1) Maak asseblief, met die uitsondering van noodgevalle, persoonlike oproepe na lede van die Bethelgesin buite werksure, aangesien ons telefoonlyne gedurende die dag baie besig is. (2) Wanneer jy in verband met ’n probleem of ’n vraag skakel, moet jy asseblief duidelik meld waarvandaan jy skakel en wat jy wil bespreek. Ons raai ouere manne af om vir ’n sekere broer by name te vra, aangesien hy moontlik na ’n ander departement verskuif is of nie beskikbaar is om jou te help nie. Die telefoniste sal jou na die regte departement kan deurskakel. Probeer asseblief jou oproepe so saaklik moontlik hou sodat waardevolle tyd nie verlore gaan nie. (3) As jy ’n persoonlike probleem wil bespreek, moet jy, voordat jy die Genootskap skakel, dit asseblief eers met die plaaslike ouer manne bespreek. Hulle is in die beste posisie om jou met vrae of probleme te help. Tensy dit ’n dringende saak is, moedig ons ALMAL aan, ouere manne inkluis, om eerder ’n brief te skryf en die probleem daarin uiteen te sit. Ons sal onmiddellik aan die saak aandag skenk.—Sien asseblief die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir Desember 1992, bladsy 5.