-
Hersiening vir Teokratiese BedieningskoolKoninkryksbediening — 1992 | Desember
-
-
Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 7 September tot 21 Desember 1992. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Dit is die beste om ’n toespraak te memoriseer sodat ’n mens glad nie no-tas hoef te gebruik nie. [sgAF bl. 63 par. 17]
2. As ’n mens jou stemgehalte wil verbeter, is dit goed om na ’n opname van jou eie stem te luister. [sgAF bl. 64 par. 3]
3. Ons hoef nie taktvol te wees wanneer ons met ongelowige familielede praat nie. [sgAF bl. 72 par. 12]
4. Beskouingsvrae is baie nuttig as ons iemand se hart wil bereik. [sgAF bl. 76 par. 10]
5. Deur in die vrystad te bly, sou dit die onopsetlike doodslaner die erns van wat hy gedoen het op die hart druk, asook hoe barmhartig Jehovah is om hom in hierdie toevlugsoord toe te laat (Jos. 20:6). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF73 bl. 350.]
6. Volgens die verslag in Rigters 6:37-39 was Gideon oorversigtig. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF88 4/1 bl. 30.]
7. Hoewel Manoag God nie werklik gesien het nie, was hy van mening dat hy het, omdat hy die gematerialiseerde engelwoordvoerder vir God aangesien het (Rigt. 13:22). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF88 5/15 bl. 23.]
8. Samuel en sy seuns word gewoonlik nie onder die rigters getel wat ná Josua gedien het nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien ook wAF86 6/1 bl. 31.]
9. Hoewel Samuel nie ’n priester was nie, het hy reg opgetree toe hy, soos die verslag in 1 Samuel 10:8 toon, offerandes gebring het. [Weeklikse Skrifge-deelte; sien ook wAF71 bl. 501.]
10. Deur aan Dawid sy klere, sy swaard, sy boog en sy gordel te gee, het Jonatan sy erkenning van en onderdanigheid aan Dawid getoon as die een wat gesalf is om koning te wees (1 Sam. 18:3, 4). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 1/1 bl. 24 par. 4.]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Waarom het Jehovah tereg beveel dat die Baälaanbidders uitgewis moes word? [siAF bl. 47 par. 7]
12. Wat is twee voordele van ex tempore-voordrag? [sgAF bl. 59-60 par. 5-7]
13. Hoe kan takt omskryf word? [sgAF bl. 69 par. 2]
14. Waarom moet ons meer probeer doen as om net kennis oor te dra wanneer ons ander leer? [sgAF bl. 75 par. 7, 8]
15. Wat behels ’n gesprek benewens dat ’n mens praat? [sgAF bl. 79 par. 3]
16. Wat kan ons persoonlik daaromtrent doen as die geselskap van ’n groep nie meer opbouend is nie? [sgAF bl. 83 par. 22]
17. Kan Debora in die lig van Rigters 4:4 as een van die rigters van eertydse Israel beskou word? Verduidelik. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF86 6/1 bl. 31.]
-
-
AankondigingsKoninkryksbediening — 1992 | Desember
-
-
Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R8,00. Januarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?, Oorlewing tot in ’n nuwe aarde en Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” teen ’n bydrae van R2,60 elk. Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R8,00. Klein uitgawes kos R4,00. Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R8,00 of Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk teen ’n bydrae van R4,00.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel word, moet die gemeenterekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer.
◼ Die Gedenkmaal vir 1994 sal op Saterdag, 26 Maart, ná sononder gehou word. Hierdie vroegtydige kennisgewing van die datum vir 1994 se Gedenkmaalviering word gegee sodat broers die nodige besprekings kan maak of kontrakte kan aangaan vir beskikbare sale waar te veel gemeentes een Koninkryksaal gebruik en hulle ander fasiliteite moet kry.
◼ ’n Maandelikse uitgawe van die Ontwaak! in Tsonga sal van die nommer van 8 Januarie 1993 af gedruk word. Gemeentes word aangemoedig om die Distributors’ Order-vorm (M-AB-202) asook intekeninge onmiddellik in te stuur.
◼ Van tyd tot tyd is daar ’n behoefte aan tweedehandse klere en skoene vir broers en susters in Suid-Afrika en buurlande. Praktiese tweedehandse klere in ’n goeie toestand kan in verseëlde plastieksakke of kartondose aan die Genootskap gestuur word. Stuur asseblief mans-, vroue- en kinderklere in afsonderlike sakke en dui dit duidelik op elkeen aan.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Goedjarati: Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? (vir Hindoes; gemeente en publiek: 80 sent; pioniers: 40 sent). Hindi: Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? (vir Hindoes; gemeente en publiek: 80 sent; pioniers: 40 sent).
-
-
VraebusKoninkryksbediening — 1992 | Desember
-
-
Vraebus
◼ Moet ons die Genootskap bel om antwoorde op Bybelvrae of persoonlike advies te kry?
Baie mense gebruik die telefoon om dinge gou te doen, maar dikwels is meer as spoed daarby betrokke. Dit is iets algemeens in die wêreld om persoonlike gerief eerste te stel; mense wil nie moeite doen nie.
Wat ’n teenstelling vorm dit tog met God se raad! Hy spoor ons aan om na kennis te soek soos ’n mens na verborge skatte soek, wat te kenne gee dat ons gewillig moet wees om moeite te doen. Die ondervinding leer dat dit tot meer blywende voldoening lei as ons dit doen.—Spr. 2:1-4.
Dit is goed om sulke moeite te doen wanneer ’n vraag opduik terwyl ons vir deelname aan vergaderinge voorberei of wanneer ons met ’n persoonlike probleem te kampe het. Pleks dat ons eenvoudig die Genootskap bel, sal ons daarby baat vind as ons persoonlik navorsing doen in die Bybel en in ons publikasies, veral in die Watch Tower Publications Index met sy nuttige teks- en onderwerpindeks.
Nadat ons op hierdie manier ‘verborge skatte nagespeur’ het, kan ons een van die plaaslike ouere manne nader as ons steeds hulp nodig het. Die ouere manne het aansienlike Bybelkennis en ondervinding daarin om na inligting te soek. Hulle gebalanseerde hulp sal veral nuttig wees as ons raad nodig het oor ’n persoonlike probleem of besluit, aangesien hulle ons en ons omstandighede goed ken.—Vergelyk Handelinge 8:30, 31.
As ons wel meer inligting direk van die Genootskap af nodig het, is dit gewoonlik beter om te skryf. Die ouere manne kan ook behulpsaam wees met die opstel van ’n brief. So ’n brief sal die broers genoeg tyd gee om ’n antwoord te kan verskaf wat op deeglike navorsing en oorweging gebaseer is, wat gewoonlik onmoontlik is tydens ’n telefoonoproep.
-
-
Oefen jou met godvrugtige toegewydheid as jou doelKoninkryksbediening — 1992 | Desember
-
-
Oefen jou met godvrugtige toegewydheid as jou doel
1 Die Teokratiese Bedieningskool lei ons progressief op om ‘die woord van die waarheid reg te sny’ (2 Tim. 2:15). Het jy al by die skool aangesluit? Indien jy nog nie het nie en jy aan die vereistes voldoen, kan jy gerus by hierdie uitstekende voorsiening baat vind deur nou daarby aan te sluit.
2 ’n Belangrike aspek van die skool is die weeklikse program vir Bybellees. Jou persoonlike studierooster behoort die lees van die toegewese hoofstukke in die Bybel in te sluit sodat jy mettertyd die hele Bybel sal gelees het.
3 Wanneer ons met die 1993-skoolrooster begin, gaan die Skrifgedeelte wat deur Toespraak nr. 2 gedek word sonder onderbrekings in sy geheel gelees word. Dit beteken dat die student wat hierdie toespraak behartig slegs in sy inleiding en slot inligting ter toeligting sal verskaf. Die broer wat die Bybelglanspunte behartig, moet sy kommentare oor die verse wat vir Toespraak nr. 2 aangewys is, beperk sodat die spreker vir daardie toespraak sy inligting oor die Skrifgedeelte ten volle kan ontwikkel.
4 Die skoolopsiener sal die Spraakraadgewingstrokie invul vir diegene wat Toesprake nr. 2, 3 en 4 hou. Hy hoef nie die volgorde op die raadgewingstrokie te volg nie, maar kan spesifieke raad gee op punte waarop die student moet verbeter. Dit is nie nodig om die raadgewingstrokie in te vul vir die spreker wat Toewysing nr. 1 behartig nie, hoewel raad privaat gegee kan word indien dit nodig is.
5 Almal wat aan die vereistes voldoen, moet ten volle gebruik maak van die geestelike voorsienings wat ons van Jehovah af ontvang, met inbegrip van die opleiding wat die Teokratiese Bedieningskool bied. Sulke opleiding kan tot ’n vrugbaarder bediening lei.—1 Tim. 4:7, NW.
-
-
Diensrapport vir SeptemberKoninkryksbediening — 1992 | Desember
-
-
Diensrapport vir September
Aantal Hulp- Gew.
verk. pio. pio.
Botswana 665 11 23
Lesotho 1 724 74 191
Namibië 606 20 28
St. Helena (Aug.) 140 1 -
Suid-Afrika 52 612 1 965 3 848
Swaziland 1 543 45 130
-