Die nuwe kringbyeenkomsprogram
Watter praktiese voordele hou dit nóú vir jou in om met Jehovah te wandel? Hoe kan jy die versoeking weerstaan om toe te laat dat nie-teokratiese strewes Koninkryksbelange verdring sodat dit nie meer die eerste plek in jou lewe inneem nie? (Matt. 6:33). Vind jy dit moeilik om tussen reg en verkeerd te onderskei in ’n wêreld wat dít wat verkeerd is reg laat lyk? (Heb. 5:14). Hierdie dinge sal bespreek word by die “Vind nou baat deur in God se weë te wandel”-kringbyeenkoms wat in September 1999 begin.—Ps. 128:1.
Iets nuuts op die kringbyeenkomsprogram vir Saterdag is ’n modelaanbieding van ’n Diensvergadering. Julle kringopsiener sal die gemeentes in kennis stel van wat beplan word sodat almal voorbereid kan kom om die program ten volle te geniet.
Die programdeel met die tema “Pioniers—Let voortdurend streng op hoe julle wandel” sal vir ons wys hoe om wysheid en redelikheid aan die dag te lê sodat ons die geleë tyd vir die pionierbediening kan uitkoop (Ef. 5:15-17). Die onderwerp “Waak teen weë wat bloot reg lyk” sal ons leer hoe om seker te maak van wat in elke aspek van die lewe vir God aanneemlik is. Die toespraak “Hoe vervulde profesieë ons raak” sal help om ons verstand en hart met liefde vir God se Woord te vul. Die openbare toespraak “God se weë—Hoe voordelig tog!” sal die praktiese voordele beklemtoon wat ons nóú ontvang deur by Jehovah se regverdige vereistes te bly.
Is dit jou begeerte om deur waterdoop in die openbaar te toon dat jy as een van God se toegewyde knegte in sy weë wil wandel? Praat dan met die presiderende opsiener sodat die nodige reëlings getref kan word.
Wees vasbeslote om hierdie tydige kringbyeenkoms by te woon. Wees vir die hele tweedaagse program teenwoordig, want “welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!”—Ps. 128:1.