Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/00 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 13 Maart
  • Week wat begin met 20 Maart
  • Week wat begin met 27 Maart
  • Week wat begin met 3 April
Ons Koninkryksbediening—2000
km 3/00 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 13 Maart

Lied 118

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

15 min: “Ons verkondig goeie nuus.” Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Gee voorbeelde van positiewe skriftuurlike punte uit die Kennis-boek wat gebruik kan word wanneer ons dit in die bediening aanbied.

20 min: “Kan ons April 2000 ons beste maand tot nog toe maak?” (Paragrawe 1-11). Vrae en antwoorde. Meld die hoogtepunt in hulppioniers in die gemeente se onlangse geskiedenis. Laat ’n paar wat deel van daardie groep was, vertel hoe hulle persoonlik baat gevind het by ’n groter deelname aan die bediening. Moedig die gemeente aan om gedurende April ’n nuwe hoogtepunt in hulppioniers te probeer bereik. Hersien die vereistes wat in die Ons bediening-boek, bladsye 113-14, uiteengesit is. Verkondigers wat graag hulppionierdiens wil doen, kan ná die vergadering ’n aansoekvorm kry.

Lied 187 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Maart

Lied 21

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: “Wat kan ek doen?” ’n Boekstudiehouer bespreek artikel met een of twee bedieningsknegte. Weens verskeie beperkings voel sommige verkondigers dalk dat hulle maar min tot die bedrywighede van die gemeente kan bydra. Hersien ’n paar van die talle maniere waarop ons almal ’n waardevolle bydrae kan lewer om die gemeente te versterk en die Koninkrykswerk te bevorder. Sluit af deur te toon hoe elkeen van ons ’n “Aandeel in ’n finale rapport” kan hê.—Sien Ons bediening-boek, bladsye 108-10.

20 min: “Kan ons April 2000 ons beste maand tot nog toe maak?” (Paragrawe 12-18). Vrae en antwoorde. Sluit ’n kort demonstrasie in om te wys hoe ons ’n persoonlike kennis na die Gedenkmaal toe kan nooi. Hersien die “Teokratiese kalender vir April 2000” en verduidelik watter velddiensvergaderinge plaaslik beplan word. Herinner almal daaraan om ’n praktiese rooster op te stel sodat hulle gedurende die maand soveel as moontlik in die bediening kan doen en sodoende kan probeer om ’n gemeentelike deelname van 100 persent te bereik. Moedig almal aan wat kan om hulppionierdiens te doen en na afloop van die vergadering ’n aansoekvorm te kry.

Lied 65 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Maart

Lied 119

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om velddiensrapporte vir Maart in te gee. Kondig die name aan van diegene wat in April hulppionierdiens gaan doen. Verduidelik dat dit nie te laat is om ’n aansoekvorm in te gee nie. Sit al die reëlings vir velddiensvergaderinge uiteen wat vir die maand beplan word. Moedig almal aan om hierdie naweek aan die bediening deel te neem en April dus goed te begin. Gedurende die maand sal ons individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! aanbied. Vestig die aandag op een artikel en ’n gepaste gesprekspunt in elk van die huidige nommers wat met welslae in aanbiedings gebruik kan word. Elkeen moet ’n eksemplaar van die Vereis-brosjure hê en dit probeer gebruik om Bybelstudies met belangstellendes te begin.

17 min: “Bestudeer Daniël se profesie.” Vrae en antwoorde. Lewer kortliks kommentaar oor hoe ons by ’n studie van die Bybelboek Daniël baat kan vind. (Sien hoofstuk 1, paragrawe 15-17, in die Daniël se profesie-boek.) Moedig almal aan om die Gemeentelike Boekstudie gereeld by te woon.

18 min: Moet ek ernstige oortreding rapporteer? ’n Ernstige toespraak deur ’n ouer man wat tot jongmense gerig is. Baie probleme het in die hedendaagse samelewing ontwikkel wat ’n nadelige uitwerking op jongmense het: die agteruitgang in sedelike standaarde, toenemende geweld, dwelmverslawing en ’n gebrek aan respek vir gesag. Party tieners lewe ’n dubbele lewe en steek hulle slegte gedrag weg. Dit hou ’n werklike gevaar in vir die geestelike welsyn van die hele gemeente. Party maak hulle skuldig aan ernstige oortredings en wil dit geheim hou. Wat moet jy doen as jy uitvind dat ’n broer of ’n suster in die gemeente aan ’n ernstige oortreding van God se wet skuldig is? Bespreek die beginsel wat in Levitikus 5:1 uiteengesit word. (Sien Die Wagtoring van 15 Augustus 1997, bladsye 27-30.) Verwys na die Jongmense vra-boek, bladsye 68-9, en verduidelik wat ’n mens in so ’n geval moet doen.

Lied 195 en slotgebed.

Week wat begin met 3 April

Lied 72

10 min: Plaaslike aankondigings en velddiensondervindinge. Kies onlangse ondervindinge uit die plaaslike gebied wat ander sal aanmoedig om ’n aandeel te hê.

13 min: “Vra hulp.” Toespraak en gehoordeelname deur ’n ouer man. Verduidelik hoe ons almal van tyd tot tyd hulp nodig het. Elkeen moet natuurlik sy eie vrag dra (Gal. 6:5). Maar wanneer ons nie die mas kan opkom nie, moet ons nie huiwer om van geestelik volwasse gemeentelede hulp te vra nie. Nooi gehoor om te vertel hoe vriendelike hulp van ander hulle bemoedig het.

10 min: Plaaslike behoeftes.

12 min: Hersien die 2000 Yearbook. Gehoorbespreking en hersiening van hoogtepunte van die “1999 Grand Totals”, op bladsy 31. Bespreek ook “A Letter From the Governing Body”, op bladsye 3-5. Vra party om kommentaar te lewer oor hoe hulle die aanmoediging wat gegee is, gaan deurvoer.

Lied 68 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel