Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/00 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 8 Mei
  • Week wat begin met 15 Mei
  • Week wat begin met 22 Mei
  • Week wat begin met 29 Mei
  • Week wat begin met 5 Junie
Ons Koninkryksbediening—2000
km 5/00 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 8 Mei

Lied 125

15 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek “Toere van die Suid-Afrikaanse takkantoor”.

30 min: “Die instandhouding van ons Koninkryksale.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Pas inligting plaaslik toe. Bespreek die instandhouding wat plaaslik gedoen moet word en die rooster vir die skoonmaak van die Koninkryksaal. Moedig almal aan om die nodige respek vir hulle plek van aanbidding te toon deur die gereelde instandhouding van die saal.

Lied 201 en slotgebed.

Week wat begin met 15 Mei

Lied 134

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: “Koninkryksaalbouprogram.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Bespreek hoe die gemeente diegene kan help wat ’n Koninkryksaal nodig het. As julle gemeente in staat is om ’n naburige gemeente te help, kan die liggaam van ouer manne direk met hulle in aanraking kom, of as hulle ’n gemeente wil help wat verder weg geleë is, kan hulle by die kringopsiener of die Genootskap navraag doen.

20 min: Hulle het ’n verstandige besluit geneem. Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Oktober 1997, bladsye 19-21, paragrawe 3-16. Haal geesdriftige pioniers aan om te toon waarom hulle voel dat hulle hulle lewe op die lonendste, voordeligste manier gebruik en hoe dit hulle groot vreugde en bevrediging verskaf het. Moedig almal wat teenwoordig is aan om na te dink oor hierdie ondervindinge en te kyk of hulle nie as ’n pionier kan dien nie.

Lied 203 en slotgebed.

Week wat begin met 22 Mei

Lied 36

12 min: Plaaslike aankondigings. Hersien Vraebus.

20 min: “Bly wakker.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Verduidelik waarom dit noodsaaklik is dat ons geestelik wakker bly, al weet ons nie die dag en uur nie. (Sien Die Wagtoring van 1 November 1995, bladsy 20.) Beklemtoon dat ’n volle deelname aan die bediening een van die beste maniere is om bewus te bly van waar ons in die tyd van die einde is.

13 min: Plaaslike behoeftes.

Lied 83 en slotgebed.

Week wat begin met 29 Mei

Lied 135

12 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Mei in te gee. Demonstreer ’n kort aanbieding van die lektuuraanbod vir Junie. Wys hoe om ’n Bybelstudie aan te bied deur les 13 in die Vereis-brosjure te gebruik.

15 min: “Vind vreugde in jou heilige diens.” ’n Toespraak. Bespreek redes waarom ons vreugdevol in ons bediening kan wees. (Sien Insight, Deel 2, bladsy 120.) Verduidelik wat ons op praktiese maniere kan doen om selfs groter vreugde te ervaar.

18 min: Lonende Bybellees. Toespraak en demonstrasie gebaseer op die Skoolhandleiding, bladsye 34-5, paragrawe 6-7. ’n Bybelleesprogram, waarop die Bybelglanspunte gebaseer word, is ’n deel van die Teokratiese Bedieningskool se leerplan. (Sien Ons Koninkryksbediening vir Desember 1999, bladsy 5.) Bespreek hoe hierdie weeklikse leesgedeelte op ’n interessante en doeltreffende manier individueel en as ’n gesin gedoen kan word. Verduidelik hoe om navorsing te doen wat ’n mens se begrip van die Bybel vergroot. Laat ’n huisgesin demonstreer hoe ’n gesin ’n deel van hierdie week se leesgedeelte vir die skool kon gedoen het. Hulle soek een of twee interessante punte uit en doen aanvullende navorsing in die Watch Tower Publications Index of Insight on the Scriptures. Toon hoe Bybellees sinvoller kan wees en ons beter kan toerus om “die woord van die waarheid reg [te] hanteer”.—2 Tim. 2:15.

Lied 95 en slotgebed.

Week wat begin met 5 Junie

Lied 37

10 min: Plaaslike aankondigings. Sit velddiensreëlings vir 16 Junie uiteen.

20 min: “’n Voorreg wat die jonges kan geniet.” Toespraak en gehoorbespreking. Vertel ondervindinge in Die Wagtoring van 1 Desember 1996, bladsy 13, paragraaf 15. Nooi jongmense om te vertel hoe hulle dit geniet om tydskrifte te versprei. Laat een of twee jongmense ’n eenvoudige tydskrifaanbieding van deur tot deur demonstreer. Moedig ouers aan om hulle kinders elke week saam met hulle in tydskrifwerk te neem.

15 min: “‘Op die proef gestel ten opsigte van geskiktheid’—Hoe?” Toespraak deur ’n ouer man. Hersien die skriftuurlike reëling om bedieningsknegte in die gemeente te hê. (Sien Insight, Deel 2, bladsy 409.) Toon aan watter vereistes hulle moet voldoen om aangestel te word. (Sien Ons bediening-boek, bladsye 55-7.) Meld maniere waarop bedieningsknegte kan dien, en moedig meer broers aan om te streef na hierdie voorreg.

Lied 82 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel