Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/00 bl. 1
  • “Laat alles tot opbouing geskied”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Laat alles tot opbouing geskied”
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Hebsug kan dodelik wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Laat onderskeidingsvermoë jou beveilig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Bewaar Christelike eenheid in sakebetrekkinge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wat sal jou sakeonderneming jou kos?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 7/00 bl. 1

“Laat alles tot opbouing geskied”

1 In ons handelinge met ons broers moet ons doen wat goed is vir hulle opbouing. Dit beteken dat ons daaroor besorg moet wees om hulle geestelike belange te beskerm. As ons die een of ander sekulêre werk doen wat vereis dat ons ’n produk of diens moet verkoop, moet ons versigtig wees dat niks wat ons doen ons broers sal laat struikel nie.—2 Kor. 6:3; Fil. 1:9, 10.

2 Party het by verskillende sakeondernemings betrokke geraak en veral mede-Christene se ondersteuning as potensiële klante probeer kry. Sekere verkoopsorganisasies moedig hulle verteenwoordigers aan om almal as potensiële klante te beskou—onder andere diegene wat aan dieselfde godsdiens as hulle behoort. Party broers het groot Getuiesamekomste gereël met die doel om hulle aan te moedig om by ’n sakeonderneming betrokke te raak. Ander bevorder hulle onderneming deur ongevraagde artikels, brosjures, inligting op die Internet of kassette aan medegelowiges te stuur. Sal dit vir ’n Christen gepas wees om sy teokratiese kontakte te gebruik om uit sy geestelike broers voordeel te trek? Nee!—1 Kor. 10:23, 24, 31-33.

3 Broers moet versigtig wees: Dit beteken nie dat ’n Christen nie met ’n broer sake kan doen nie. Dit is ’n persoonlike saak. Maar party begin sakeondernemings wat gierigheid bevorder, en hulle spoor medegelowiges aan om hulle vennote of beleggers te word. Baie van hierdie ondernemings misluk en kos die betrokkenes groot somme geld. Hoewel diegene wat by die onderneming betrokke geraak het dalk gemotiveer is deur ’n begeerte om gou ryk te word, moet die organiseerder nie voel dat hy geen skuld dra as die onderneming misluk nie. Hy moet voor die tyd versigtig oorweeg hoe dit die geestelike en fisiese welsyn van sy broers sal raak as die onderneming misluk. Diegene wat verantwoordelike teokratiese posisies beklee, moet veral versigtig wees oor hulle sekulêre ondernemings, want ander sien dalk op na hulle en stel heelwat vertroue in hulle. Dit sal verkeerd wees om daardie vertroue te misbruik. ’n Broer kan heilige diensvoorregte verbeur as hy die respek van ander verloor.

4 Dit moet ons doelwit wees om “alles tot opbouing [te laat] geskied” (1 Kor. 14:26). Ons moet enigiets vermy wat kommersiële bedrywighede in die gemeente inbring of dit bevorder. Sulke dinge het niks te doen met die skriftuurlike redes waarom ons saam vergader nie.—Heb. 10:24, 25.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel