Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/00 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 10 Julie
  • Week wat begin met 17 Julie
  • Week wat begin met 24 Julie
  • Week wat begin met 31 Julie
  • Week wat begin met 7 Augustus
Ons Koninkryksbediening—2000
km 7/00 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 10 Julie

Lied 7

12 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar oor die plaaslike gemeente se velddiensrapport vir April. Vestig die aandag op die venster “Kyk na die agterblad”, en demonstreer een van die voorgestelde aanbiedings wat goed in die plaaslike gebied sal werk. Diensopsiener bespreek finale reëlings vir ontoegekende gebied—datums, gebied waarin gewerk gaan word, verblyf, vervoerreëlings en lektuuraanbod. Hersien brief van 30 Mei 2000.

15 min: “Ons kan nie ophou praat nie.” Beperk inleidingskommentare tot minder as ’n minuut en gaan oor tot ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Beklemtoon redes waarom ons ons predikingstoewysing so ernstig opneem. Sluit gepaste punte uit Die Wagtoring van 15 Januarie 1997, bladsye 23-4, in.

18 min: “Laat alles tot opbouing geskied.” Twee ouer manne bespreek die artikel. Lees elke paragraaf en teksverwysing. Vestig aandag op die betrokke beginsels. Beklemtoon hoe belangrik dit is om onderskeidingsvermoë aan die dag te lê wanneer sakeaangeleenthede of beleggings behartig word. Hersien raad in Die Wagtoring van 15 Maart 1997, bladsye 18-19, 22.

Lied 15 en slotgebed.

Week wat begin met 17 Julie

Lied 23

15 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Verduidelik kortliks hoe om die Goddelike naam-brosjure te gebruik om ’n belangstellende te help verstaan waarom hy God se persoonlike naam moet ken en gebruik.—Sien Redenering-boek, bladsye 217-18.

10 min: “Die nuwe kringbyeenkomsprogram.” Vrae en antwoorde. Kondig die datum van die volgende kringbyeenkoms aan, en spoor almal aan om albei dae teenwoordig te wees. Moedig almal aan om ’n spesiale poging aan te wend om Bybelstudente te nooi. As hulle die byeenkoms bywoon, kan dit hulle begeerte aanwakker om gereeld met die gemeente om te gaan.

20 min: Wie moet jou rolmodel wees? ’n Vader hou sy gesinstudie met een of twee tienderjarige kinders. Hy het in die afgelope tyd opgemerk dat hulle gesprekke dikwels handel oor sporthelde, rolprentsterre, TV-persoonlikhede en musikante. Hy spreek sy besorgdheid hieroor uit omdat hierdie soort bewondering die gees van die wêreld weerspieël. Hulle bespreek die Ontwaak! van 22 Mei 1998, bladsye 12-14. Die jongmense besef dat dit gevaarlik is om wêreldse persone te vereer en stem saam dat wêreldse aansien vir Christene geen voordeel inhou nie. Hulle bespreek die voordele wat dit inhou om ouers, ouer manne en ander voorbeeldige mense in die gemeente—en veral Jesus Christus—as hulle rolmodelle te beskou.

Lied 34 en slotgebed.

Week wat begin met 24 Julie

Lied 45

5 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Ons beveel ons as God se bedienaars aan. Twee bedieningsknegte bespreek die skriftuurlike raad wat in Die Wagtoring van 15 Desember 1998, bladsye 19-20, gegee word. Hulle besef dat hulle na die beste van hulle vermoë aan die vereistes vir bedieningsknegte moet voldoen en hersien wat hulle persoonlik kan doen om te toon dat hulle hulle toewysings nakom. Hulle besef hoe belangrik dit is om goeie voorbeelde in die veldbediening te wees en bespreek maniere waarop hulle die ouer manne kan help deur ander persoonlik by te staan. Hulle stem saam dat hulle alles in hulle vermoë wil doen om die gemeente te help om die dringendheid van die tyd te besef en geestelik te groei en vooruitgang te maak.

10 min: Skryf briewe aan mense met wie ons nie in aanraking kan kom nie. Toespraak en gehoorbespreking. Aangesien dit al hoe moeiliker word om mense tuis te vind, behaal party verkondigers goeie resultate deur briewe te skryf. Hou die volgende riglyne in gedagte. Briewe moet saaklik, op die Bybel gegrond en beleef wees. Moenie naamlose briewe stuur nie. Skryf of tik netjies en leesbaar. Meld die Koninkryksaaladres, asook die gemeente se vergaderingtye, en sluit ’n uitnodiging in om dit by te woon. Moenie die Genootskap se adres gebruik nie. Hersien wenke wat uiteengesit is in die Skoolhandleiding, bladsye 87-8, en in die Vraebus van Ons Koninkryksbediening vir November 1996.

15 min: Gebruik doeltreffende inleidings. Kies twee of drie inleidings op bladsye 9-15 van die Redenering-boek, en bespreek hoe hulle met welslae in die plaaslike gebied gebruik kan word. Vra die gehoor: “Watter inleidings gebruik julle wanneer julle iemand op straat, informeel of by ander geleenthede nader?” Demonstreer een of twee inleidings na gelang van die tyd.

Lied 54 en slotgebed.

Week wat begin met 31 Julie

Lied 66

12 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee. Teokratiese nuus. Nooi gehoor om persoonlike ondervindinge te vertel wat hulle vandeesmaand gehad het met die verspreiding van brosjures.

15 min: Plaaslike behoeftes.

18 min: “Waardeer jy Jehovah se geduld?” Vrae en antwoorde. Sluit pertinente kommentare oor Jehovah se lankmoedigheid in.—Sien Insight, Deel 2, bladsye 263-4.

Lied 75 en slotgebed.

Week wat begin met 7 Augustus

Lied 88

10 min: Plaaslike aankondigings.

17 min: “Is jy ’n skaam persoon?” Vrae en antwoorde. Vertel ’n bemoedigende ondervinding uit die 1997 Yearbook, bladsye 43-4.

18 min: Word wys in jou toekoms. Toespraak deur ’n ouer man. Jongmense wil graag ’n gelukkige toekoms saam met hulle geliefdes geniet. Hoewel dit natuurlik is, moet hulle Goddelike raad toepas as hulle welslae wil behaal (Spr. 19:20, NW). Jongmense voel sterk aangetrokke tot lede van die teenoorgestelde geslag. As gevoelens nie beheers word nie, kan dit rampspoedige gevolge hê. Baie vrae word geopper oor hoe verstandig dit vir tieners is om emosioneel by lede van die teenoorgestelde geslag betrokke te raak en romantiese verhoudings te ontwikkel wat tot hofmakery lei. Hersien die raad wat in die Jongmense vra-boek, bladsye 231-5, gegee word. Hersien hoofpunte in Die Wagtoring van 15 November 1999, bladsye 18-23, wat toon hoe belangrik dit is dat jongmense hulle hele verpligting teenoor God nakom. Moedig tieners aan om oor hierdie raad na te dink en dit met hulle ouers te bespreek as hulle vrae het.

Lied 101 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel