Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/00 bl. 1
  • ‘Ons kan nie ophou praat nie’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Ons kan nie ophou praat nie’
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Spreek Jehovah se woord met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Hou aan om God se woord met vrymoedigheid te spreek
    Aanbid die enigste ware God
  • ‘Spreek die Woord van God met vrymoedigheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Verkondig die goeie nuus met vrymoedigheid
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 7/00 bl. 1

‘Ons kan nie ophou praat nie’

1 Jesus Christus stel intens belang in die predikingswerk (Matt. 28:20; Mark. 13:10). Hoewel daar bykans sesmiljoen bedrywige verkondigers is wat in 234 lande getuig, moet ons nie aanneem dat ons getuieniswerk voltooi is nie. Totdat God sê dat die werk klaar is, “kan [ons] nie ophou praat” oor die dinge wat ons geleer het nie.—Hand. 4:20.

2 Vertrou op God se gees: Satan oefen groot druk op ons uit om ons te ontmoedig (Op. 12:17). Ons het ook baie probleme weens ons eie onvolmaakte vlees. Sulke dinge kan ons aandag van die allerbelangrike predikingswerk aftrek. Maar as ons op Jehovah vertrou, sal sy gees ons help om enige struikelblokke die hoof te bied.

3 Toe die eerste-eeuse Christengemeente kwaai vervolg is, het die broers tot God gebid vir hulp om sy woord met alle vrymoedigheid te bly spreek. Jehovah het hulle gebed verhoor deur hulle met sy gees te versterk en hulle die ywer en vasberadenheid te gee wat nodig was om aan te hou preek. Gevolglik het hulle sonder ophou voortgegaan om die goeie nuus met vrymoedigheid te verkondig.—Hand. 4:29, 31; 5:42.

4 Moenie negatiewe praatjies vrees nie: Die openbare mening of lasterlike publisiteit kan ’n intimiderende uitwerking op ons hê. Onthou egter Petrus en die ander apostels se moedige antwoord aan die Sanhedrin, soos opgeteken staan in Handelinge 5:29-31. Soos Gamaliël, ’n leermeester van die Wet, erken het, kan God se werk nie te gronde gerig word nie. Dit word nie met ons krag vermag nie. Hierdie groot werk het God se steun, en slegs hy kan dit vermag!—Sag. 4:6.

5 Laat ons Jehovah daagliks smeek vir sy gees om ons te help om die goeie nuus ywerig te verkondig. Mag ons, soos Jeremia, sê dat die Koninkryksboodskap soos ’n brandende vuur in ons gebeente is (Jer. 20:9). Ons kan eenvoudig nie stilbly nie!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel