Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/00 bl. 4
  • Waardeer jy Jehovah se geduld?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waardeer jy Jehovah se geduld?
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Volg Jehovah se geduld na
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Leer uit die geduld van Jehovah en Jesus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Hou aan om geduldig te wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Ons bediening—Gekenmerk deur geduld
    Ons Koninkryksbediening—2011
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 7/00 bl. 4

Waardeer jy Jehovah se geduld?

1 Sou jy die waarheid geleer het as Jehovah nie die afgelope 10, 20 of meer jare geduldig was en toegelaat het dat ’n uitgebreide getuienis gegee word nie? Hoe dankbaar is ons tog dat hy baie meer mense toegelaat het om “tot berou [te] kom”. Tog sal Jehovah se groot dag van oordeel “soos ’n dief kom” (2 Pet. 3:9, 10). Ons moet God se geduld dus nie verkeerd vertolk en dink dat hy talm om die einde van hierdie stelsel van dinge te bring nie.—Hab. 2:3.

2 Voel medelye vir mense: Jehovah se lankmoedigheid gaan ons begrip ver te bowe. Ons moenie die doel daarvan uit die oog verloor nie (Jona 4:1-4, 11). Jehovah sien die bejammerenswaardige toestand van die mensdom en het medelye met hulle. Jesus voel dieselfde. Hy het medelye gevoel vir die skare vir wie hy gepreek het en wou dus hê dat die evangelisasiewerk moes uitbrei sodat meer die geleentheid sou hê om die ewige lewe te verkry.—Matt. 9:35-38.

3 Het ons nie innige medelye met mense wat deur tragedies en rampe getref word en nie die waarheid ken nie? Mense is vandag soos “skape sonder ’n herder” terwyl hulle probeer om die chaos in die wêreld die hoof te bied en te verstaan (Mark. 6:34). As ons die goeie nuus ywerig verkondig, vertroos ons diegene wat die regte gesindheid het en toon ons waardering vir Jehovah se geduld.—Hand. 13:48.

4 Ons werk is dringend: Verlede jaar is 323 439 gedoop en het meer as 14 000 000 die Gedenkmaal bygewoon. Watter potensiaal is daar tog vir nog baie meer om die vernietiging van hierdie goddelose stelsel te ontkom! Ons weet nie hoe groot die “groot skare” sal wees nie (Op. 7:9). Ons weet nie hoe lank ons predikingsopdrag nog uitgevoer sal word nie. Maar Jehovah weet. Die goeie nuus sal verkondig word tot hy tevrede is “en dan sal die einde kom”.—Matt. 24:14.

5 Die oorblywende tyd is kort, en God se dag is op hande (1 Kor. 7:29a; Heb. 10:37). “Ons redding [is ongetwyfeld] nader as toe ons gelowiges geword het” (Rom. 13:11). Laat ons nie die doel van goddelike geduld mis nie. Laat ons eerder dringend vir ander getuig sodat meer wat smag na regverdigheid Jehovah se groot barmhartigheid kan ondervind.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel