Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Februarie en Maart: Kennis wat tot die ewige lewe lei. ’n Spesiale poging sal aangewend word om tuisbybelstudies te begin. April en Mei: Vestig die aandag op individuele eksemplare van Die Wagtoring sowel as die Ontwaak! Wanneer ons herbesoeke by belangstellendes doen, moet ons ons daarop toespits om die Vereis-brosjure by hulle te laat. Ons moet alles in ons vermoë doen om ’n tuisbybelstudie te begin.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. Wanneer dit gedoen is, moet dit in die gemeente aankondig word nadat die volgende rekeningverslag gelees is. Lees enige briewe ter erkenning van bydraes wat die gemeente gemaak het vir die wêreldwye werk en tot enige ander fonds wat deur die organisasie gesteun word.
◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van alle gewone pioniers hersien. As enigeen van hulle dit moeilik vind om die uurvereiste te bereik, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die jaarlikse S-201-briewe vir wenke. Sien ook paragrawe 12-20 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.
◼ “Het die uur van Babilon se oordeel aangebreek?” sal die tema van die spesiale openbare toespraak vir die 2003-Gedenkmaalseisoen wees. Sien die aankondiging in Ons Koninkryksbediening vir September 2002 wat hiermee verband hou.
◼ Aangesien die reëling vir persoonlike posintekeninge gestaak is, is dit belangrik dat gemeentes die jongste nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! beskikbaar stel sodra dit ontvang word. Sodoende sal die verkondigers hulle persoonlike eksemplare hê en met die inhoud daarvan vertroud kan raak voordat hulle die tydskrifte in velddiens aanbied.
◼ Vanaf die nommer van 1 Maart 2003 sal ’n grootdrukuitgawe van Die Wagtoring in Chichewa beskikbaar wees.
◼ Ons het ’n surplusvoorraad van die volgende publikasies en oudiokassette. Bestel gerus jou persoonlike eksemplaar by die lektuurkneg:
Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I—Suid-Sotho
Luister na die Groot Onderwyser—Afrikaans
Luister na die Groot Onderwyser (op oudiokasset)—Afrikaans, Zulu
Die mensdom se soeke na God—Afrikaans
My boek met Bybelverhale (op oudiokasset)—Afrikaans, Xhosa, Zulu
Gee ag op Daniël se profesie!—Afrikaans, Sepedi, Suid-Sotho, Xhosa, Zulu