Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Mei: Bied individuele eksemplare van Die Wagtoring sowel as die Ontwaak! aan. Wanneer herbesoeke by belangstellendes gedoen word, wat dalk diegene insluit wat die Gedenkmaal of ander teokratiese geleenthede bygewoon het, maar nie gereeld met die gemeente omgaan nie, kan die Aanbid God-boek aangebied word. Wend ’n spesiale poging aan om ’n tuisbybelstudie te begin, veral met diegene wat reeds die Kennis-boek en die Vereis-brosjure gestudeer het. Junie: Bied die Kennis-boek of die Vereis-brosjure aan. As huisbewoners reeds hierdie publikasies het, kan ’n ander gepaste brosjure gebruik word wat die gemeente in voorraad het. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan gebruik word: Die Goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? In sekere dele van die wêreld sal dit dalk gepas wees om die volgende brosjures aan te bied: Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, ’n Boek vir alle mense, of A Satisfying Life—How to Attain It, Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? en Will There Ever Be a World Without War?
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Junie of so gou moontlik daarna ouditeer. Sodra dit gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word ná die volgende rekeningverslag gelees is.
◼ Vier internasionale byeenkomste sal vanjaar in Suid-Afrika gehou word en deur oorsese besoekers bygewoon word. Die byeenkomste sal op dieselfde naweek, 4-7 Desember, gehou word in Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad. DIESELFDE GEESTELIKE PROGRAM sal by die internasionale sowel as die streekbyeenkomste aangebied word. Die enigste verskil is dat oorsese besoekers by die internasionale byeenkomste ’n verslag oor hulle land sal gee. Omdat sitplekke beperk is, veral by die byeenkomste in Johannesburg en Kaapstad, en daar beperkte huisvesting is, moedig ons nie groot groepe broers aan om hierdie internasionale byeenkomste by te woon as hulle nie daarheen toegewys is nie. Maar as die byeenkoms waarheen julle gemeente toegewys is, nie in jou taal is nie, kan jy gerus een in jou taal bywoon.
◼ Gemeentes kan nou die Watchtower Library—2001 Edition begin aanvra. Hierdie kompakskyf sal beskikbaar wees in Duits, Engels, Frans, Italiaans en Portugees. Onthou asseblief dat dit ’n spesiaal aangevraagde item is. Dit is nie bedoel vir openbare verspreiding, vir skoolbiblioteke of vir enigiemand wat bloot belangstelling in Jehovah se Getuies toon nie. Die Watchtower Library is ’n voorsiening vir gemeentelede en is slegs deur die gemeente beskikbaar.