Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/03 bl. 7
  • Gestremd—dog produktief

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gestremd—dog produktief
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • “Hulle het vir my gesê ek sal nooit weer loop nie!”
    Ontwaak!—1990
  • Hoe kan ek my liggaamsgebrek die hoof bied?
    Ontwaak!—1993
  • Jehovah sal jou krag gee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Voer jy jou bediening ten volle uit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 6/03 bl. 7

Gestremd—dog produktief

1 As jy een van die talle Getuies van Jehovah is wat gestremd is, kan jy nog steeds ’n produktiewe bediening hê. Trouens, jou omstandighede kan jou van spesiale geleenthede voorsien om ’n getuienis te gee en ander te bemoedig.

2 Gee ’n getuienis: Talle gestremdes het ’n volle aandeel aan die bediening. Byvoorbeeld, een suster wie se beweeglikheid en spraak ernstig aangetas is deur ’n operasie, kon aan tydskrifwerk deelneem wanneer haar man hulle motor naby ’n besige sypaadjie geparkeer het. By een geleentheid het sy 80 tydskrifte in net twee uur versprei! Jou spesiale omstandighede kan jou ook in aanraking bring met mense wat andersins moeilik is om te bereik. As dit die geval is, kan jy hulle as jou spesiale gebied beskou.

3 Jou predikingswerk kan baie doeltreffend wees! Wanneer ander sien hoe vasbeslote jy is en watter goeie uitwerking Bybelwaarheid op jou lewe gehad het, kan dit hulle na die Koninkryksboodskap aantrek. En wanneer jy mense teëkom wat swaarkry, kan jou ondervinding in die lewe jou help om hulle uit God se Woord te vertroos.—2 Kor. 1:4.

4 Versterk ander: Is jy nie bemoedig deur die lewensverhaal van Laurel Nisbet, wat 37 jaar lank in ’n ysterlong deurgebring het en nogtans 17 mense gehelp het om tot ’n juiste kennis van Bybelwaarheid te kom nie? Net so kan jou voorbeeld medegelowiges aanspoor om hulle in Jehovah se diens in te span.—g93-AF 1/22 bl. 18-21.

5 Selfs as jy weens jou omstandighede nie so dikwels in die bediening kan uitgaan as wat jy wil nie, kan jy ander nog steeds bemoedig. Een broer het gesê: “Ek het geleer dat selfs ’n erg gestremde persoon ’n groot hulp vir ander kan wees. Ek en my vrou is ’n soort anker vir verskeie gemeentelede. Weens ons omstandighede is ons altyd hier, altyd beskikbaar.” Dit is egter te verstane dat jy weens jou liggaamsgebrek nie altyd in ooreenstemming met jou ywer kan optree nie. Maar met ’n bietjie hulp, kan jy dalk ’n goeie aandeel aan die bediening hê. As jy dus hulp nodig het, moet jy nie huiwer om dit onder die aandag te bring van die ouer manne of ander in die gemeente wat jou kan help nie.

6 Jehovah sien alles wat jy doen om hom te dien, en hy skep behae in jou heelhartige diens (Ps. 139:1-4). As jy op hom vertrou, kan hy jou die krag gee om ’n produktiewe en betekenisvolle bediening te hê.—2 Kor. 12:7-10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel