Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 10 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Indien die wenke op bladsy 4 prakties vir julle gemeente se gebied is, kan dit gebruik word om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Mei en die Ontwaak! van 22 Mei aangebied kan word. Ander aanbiedings kan gebruik word. Demonstreer in elke aanbieding ’n ander manier om die gesprekdemper “Ek het my kerk” te oorkom.—Sien die Redenering-boek, bladsye 18-19.
15 min: Nuwe publikasies wat ons bly was om te ontvang! Gehoorbespreking. Ons was verheug om twee nuwe vrystellings by die “Gee God heerlikheid”- internasionale en streekbyeenkomste te ontvang. ‘Sien die goeie land’ is anders as enige ander publikasie in ons biblioteek. Elke keer as ’n mens omblaai, vind jy insiggewende inligting oor ’n ander aspek van die Beloofde Land. Vestig die aandag op van die besonderhede wat op verskillende kaarte voorkom. Gee praktiese wenke oor hoe hierdie publikasie gebruik kan word. Leer by die Groot Onderwyser sal ons kinders geestelik opbou. Noem ’n paar van die tydige onderwerpe in die boek en verduidelik hoe ouers en jong kinders daarby kan baat vind. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle hierdie nuwe publikasies gebruik.
20 min: “Word verruim.”a Sluit kommentare in oor die Aanbid God-boek, bladsy 150, paragraaf 14.
Lied 18 en slotgebed.
Week wat begin met 17 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
15 min: “Toon julle dankbaarheid.”b Nooi gehoor om na gelang van die tyd kommentaar te lewer oor die teksverwysings. Wanneer paragraaf 3 bespreek word, laat een of twee verkondigers wat onlangs aan die hulppionierdiens deelgeneem het, kommentaar lewer oor die seëninge wat hulle geniet het.
20 min: Ons is besorg oor mekaar (1 Kor. 12:25, 26). Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Ons bediening-boek, bladsye 157-9, onder die tussenhofie “Besorgdheid oor mekaar”. Hoewel Jehovah se volk regoor die aarde woon, is ons verenig. Ons moet almal elke dag vir ons broers bid. Ons tree ook vinnig op om materiële hulp te verleen wanneer daar ’n dringende behoefte bestaan. Lees en bespreek sleuteltekste, en sluit een of twee ondervindinge uit ons publikasies in.
Lied 100 en slotgebed.
Week wat begin met 24 Mei
12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Junie en die Ontwaak! van 8 Junie aangebied kan word. Pas elke aanbieding aan sodat dit by iemand van ’n plaaslike godsdiens byval sal vind.
15 min: “Musiek wat verkwik.” Toespraak en gehoorbespreking. Sluit kommentare in oor die 2002 Yearbook, bladsy 175, en Die Wagtoring van 1 Februarie 1997, bladsy 27, paragrawe 1-2.
18 min: Wees voorbereid om informeel te getuig. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Ons Koninkryksbediening vir Junie 2003, bladsy 3. Reël vooraf dat ’n paar verkondigers ondervindinge vertel wat hulle gehad het toe hulle informeel getuig het. Demonstreer kortliks hoe die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? en die boekie Good News for All Nations tydens informele getuieniswerk gebruik kan word.
Lied 211 en slotgebed.
Week wat begin met 31 Mei
8 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Mei in te gee.
17 min: Die lewe—’n kosbare gawe. Gehoorbespreking gebaseer op die Redenering-boek, bladsye 29-31. Sluit kommentare in oor die Ontwaak! van 22 Mei 1993, bladsye 10-11. Hoe sal jy Jehovah se beskouing van aborsie verduidelik aan ’n persoon wat meen dat ’n vrou die reg het om te besluit oor sake in verband met haar eie liggaam? Vertel die ondervinding in Die Wagtoring van 1 Januarie 2000, bladsy 4, paragrawe 4-5.
20 min: “Hoe om Leer by die Groot Onderwyser aan te bied.” Gedurende Junie sal ons hierdie publikasie aanbied. Vestig die aandag op die kenmerke van die boek wat op bladsy 7, paragrawe 1-3, bespreek word. Vra gehoor om kommentaar te lewer oor wat hulle in die boek geniet het. Hersien die voorgestelde aanbiedings. Verduidelik hoe ’n mens die prente kan gebruik wanneer die boek aangebied word. Laat ’n jong persoon die eerste aanbieding demonstreer, en ’n volwassene een van die ander. As ’n ander benadering meer doeltreffend in die plaaslike gebied sal wees, kan dit bespreek en gedemonstreer word in die plek van een van die voorgestelde aanbiedings.
Lied 24 en slotgebed.
Week wat begin met 7 Junie
10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek hoofgedagtes van “’n Middel om hulle te help”. Noem van die tale wat in die plaaslike gebied voorkom.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Gebruik doeltreffende illustrasies in jou onderrigting. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Die Wagtoring van 1 September 2002, bladsye 22-4. Watter vier faktore maak ’n illustrasie doeltreffend? Waarom is dit nuttig om illustrasies eenvoudig te hou? Waar kan ons goeie illustrasies vind? Kyk na ’n paar van die voorbeelde in die venster op bladsy 23, en bespreek wat elke illustrasie doeltreffend maak.
Lied 133 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.