Aankondigings
◼ Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! As iemand belangstelling toon, kan die Vereis-brosjure aangebied word; wend ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. November: Leer by die Groot Onderwyser of Wat vereis God van ons? Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Enige boek wat voor 1990 uitgegee is wat die gemeente in voorraad het. As julle nie hiervan in voorraad het nie, kan julle gerus by gemeentes naby aan julle uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik.
◼ Die byvoegsel tot hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening is die “Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 2005”, en dit moet gehou word vir gebruik gedurende 2005.
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2005-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag 10 April gehou word. Die titel van die toespraak sal later aangekondig word. Gemeentes wat daardie naweek die kringopsiener se besoek of ’n byeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende week hê. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor Sondag 10 April 2005 hê nie.
◼ Gemeentes moet die 2005-jaarteks saam met hulle lektuur vir Oktober begin aanvra. Die jaarteks sal in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Gemeentes mag slegs een jaarteks per taal aanvra. Ons stel voor dat gemeentes die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 2005 vertoon.
◼ LET WEL: Die datums vir die volgende streekbyeenkomste het verander:
3-5 Desember:
Bloemfontein (Afrikaans, Engels)
17-19 Desember:
Butterworth (Xhosa)
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Aanbid die enigste ware God—groot druk—Cibemba
◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:
Transfusion Alternatives—Documentary Series in Engels, Arabies, Duits, Frans, Italiaans, Japannees, Malgassies, Nederlands, Portugees (Portugal), Portugees (Brasilië), Russies, Spaans. Hierdie DVD sal die volgende drie videoprogramme bevat: Transfusion—Alternative Strategies—Simple, Safe, Effective; Transfusion—Alternative Health Care—Meeting Patient Needs and Rights en No Blood—Medicine Meets the Challenge.
Die grootste mens wat nog geleef het—Amerikaanse Gebaretaal
◼ Nuwe kompakskywe beskikbaar:
Kom nader aan Jehovah—Engels