Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/05 bl. 3-6
  • Stel ’n praktiese gesinsrooster op

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Stel ’n praktiese gesinsrooster op
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Gesinsrooster—die dagteks
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Daaglikse geestelike voedsel—noodsaaklik vir ’n Christengesin
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bou jou lewe om Jehovah se diens
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Hoe gesinslede saamwerk om ’n volle deelname te hê—aan Bybelstudie
    Ons Koninkryksbediening—1999
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 5/05 bl. 3-6

Stel ’n praktiese gesinsrooster op

1 In die Bergpredikasie het Jesus sy gehoor aangespoor: “Hou dan aan om eers die koninkryk en sy regverdigheid te soek” (Matt. 6:33). ’n Praktiese manier om die bedrywighede van die gesin te reël sodat geestelike sake voorkeur geniet, is om ’n geskrewe rooster te hê. Neem ’n paar minute en gebruik die leë rooster op bladsy 6 van hierdie byvoegsel om julle eie weeklikse gesinsrooster op te stel. As ’n gesinsprojek wil party dalk prentjies uitsny en dit op die rooster plak. Ander verkies dalk om die bedrywighede in te skryf.

2 Die voorbeeld hieronder kan nuttig wees wanneer julle julle rooster opstel. Julle sal sien dat dit net vier basiese bedrywighede insluit: (1) die bywoning van gemeentelike vergaderinge, (2) die gesin se velddiens, (3) die gesinstudie en (4) die dagteksbespreking. As julle dit by julle rooster insluit, kan dit julle help om “seker [te] maak van die belangriker dinge” (Fil. 1:10). Op bladsye 4-5 is daar nog wenke oor hierdie vier aspekte.

3 Julle hoef nie julle gesinsrooster tot net hierdie vier bedrywighede te beperk nie. As julle as ’n gesin vir sekere vergaderinge voorberei, kan julle dit op julle rooster skryf. As julle ná die bespreking van die dagteks of op ’n ander tyd ’n Bybelgedeelte saam lees, kan julle dit aandui. As julle gewoonlik as ’n gesin aan die een of ander soort ontspanning deelneem, kan julle dit by die rooster insluit.

4 Pas julle gesinsrooster by die behoeftes en omstandighede van almal in die gesin aan. Kyk van tyd tot tyd hoe goed dit werk, en pas dit aan indien nodig.

[Tabel op bladsy 3]

Voorbeeld van gesinsrooster

Oggend Middag Aand

So. Dagteks

Gesin se Openbare

velddiens toespraak en

Wagtoring-studie

Ma. Dagteks Gesinstudie

Di. Dagteks Gemeentelike

Boekstudie

Wo. Dagteks

Do. Dagteks Teokratiese

Bedieningskool

en

Diensvergadering

Vr. Dagteks

Sa. Dagteks

Gesin se

velddiens

(Tydskrif- dag)

[Tabel op bladsy 6]

Gesinsrooster

Oggend Middag Aand

So.

Ma.

Di.

Wo.

Do.

Vr.

Sa.

.................................................................

Dagteks Dagteks Dagteks Dagteks Dagteks Dagteks Dagteks

Openbare Teokratiese Gemeen- Gesin- Gesin Gesin Gesins-

toespraak Bediening- telike studie se se By- ont-

en skool en Boek- veld- bellees spanning

Wagtoring- Diensver- studie diens

studie gadering

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel