Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/05 bl. 4
  • Gesinsrooster—gesin se velddiens

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gesinsrooster—gesin se velddiens
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Leer jou kinders om Jehovah te loof
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Ouers—Leer julle kinders om die predikingswerk te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Ouers—Lei julle kinders in die velddiens op
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Hoe om ’n geestelike sterk gesin te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 5/05 bl. 4

Gesinsrooster—gesin se velddiens

1 Jehovah is verheug wanneer hy sien dat kinders sy naam loof (Ps. 148:12, 13). In Jesus se dag het selfs ‘klein kindertjies en suigelinge lof’ gebring aan God (Matt. 21:15, 16). Dit is vandag ook die geval. Ouers, hoe kan julle julle kinders help om ywerige lowers van Jehovah in die Christelike bediening te word? Soos in die artikel hierbo oor gemeentelike vergaderinge beklemtoon is, is julle voorbeeld weer eens ’n sleutelfaktor. Een vader het die mening van die meeste ouers uitgespreek toe hy gesê het: “Kinders doen nie wat jy sê nie; hulle doen wat jy doen!”

2 ’n Suster wat deur godvresende ouers grootgemaak is, het vertel: “Ons het nooit op ’n Saterdagoggend opgestaan en gevra of ons in die bediening uitgaan nie. Ons het geweet dat ons uitgaan.” Julle kan ook die belangrikheid van die predikingswerk by julle kinders inskerp deur ’n gereelde weeklikse roetine te hê om as ’n gesin saam velddiens te doen. Julle kinders sal dan nie net kan leer deur julle dop te hou nie, maar julle sal ook hulle gesindheid, maniere en ontwikkelende vaardighede kan sien.

3 Progressiewe opleiding: Kinders sal slegs die bediening geniet as hulle voorbereid is sodat hulle ’n betekenisvolle deelname daaraan kan hê. Die suster wat vroeër aangehaal is, het ook gesê: “Ons het nooit net saamgeloop en bloot ons ouers in hulle werk vergesel nie. Ons het geweet dat ons ’n aandeel het, al het ons net ’n deurklokkie gelui en ’n strooibiljet by iemand gelaat. Omdat ons voor elke naweek se bedrywighede goed voorberei het, het ons geweet wat ons gaan sê.” Julle kan julle kinders ook oplei deur elke week ’n paar minute in te ruim om hulle vir die bediening voor te berei, hetsy gedurende die gesinstudie of op ’n ander tyd.

4 Wanneer julle as ’n gesin saam aan die predikingswerk deelneem, gee dit julle nog ’n geleentheid om die waarheid by julle kinders in te skerp. ’n Christenvader het altyd sy dogter saamgeneem wanneer hy die tien kilometer in elke rigting gestap het om traktate onder mense in die nabygeleë vallei te versprei. “Wanneer ons so gestap het”, het sy vertel, “het my pa die waarheid in my hart ingeskerp” (Deut. 6:7). Mag julle ook geseën word omdat julle velddiens ’n deel van julle weeklikse gesinsrooster maak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel