Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 29 Augustus 2005. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 4 Julie tot 29 Augustus 2005. [Let wel: Waar daar geen verwysings ná die vraag is nie, sal jy jou eie navorsing moet doen om die antwoorde te vind.—Sien Bedieningskool, bl. 36-7.]
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Hoe kan ons ons “redelikheid aan alle mense bekend [laat] word” wanneer ons met ander oor ons hoop praat, en waarom is dit belangrik? (Fil. 4:5; Jak. 3:17). [be-AF bl. 251 par. 1-3, venster]
2. Hoe sal die feit dat ons weet wanneer om toe te gee, ons help om goeie betrekkinge met ander te handhaaf? [be-AF bl. 253 par. 1-2]
3. Waarom is die vaardige gebruik van vrae belangrik wanneer ons ander help om oor ’n saak te redeneer? [be-AF bl. 253 par. 3-4]
4. Watter faktore moet in ag geneem word om ’n aanbieding oortuigend te maak? [be-AF bl. 255 par. 1-4, venster; bl. 256 par. 1, venster]
5. Wat moet ons in gedagte hou as ons besluit om stawende getuienis te gebruik om die redelikheid van die Skrif te steun? [be-AF bl. 256 par. 3-5, venster]
TOESPRAAK NR. 1
6. Wat lewer duidelike bewys dat Jesus ’n geskiedkundige persoon was? [w03-AF 6/15 bl. 4-7]
7. Hoe sal ‘die mond van die regskapenes hulle verlos’, en hoe sal die huis van die regverdiges “bly staan”? (Spr. 12:6, 7). [w03-AF 1/15 bl. 30 par. 1-3]
8. Hoe kan ons “begryp wat die wil van Jehovah is”, al is die Bybel nie in die vorm van ’n lys moets en moenies geskryf nie? (Ef. 5:17). [w03-AF 12/1 bl. 21 par. 3–bl. 22 par. 3]
9. Die toepassing van watter Bybelbeginsels kan ’n mens help om armoede of ongunstige ekonomiese toestande die hoof te bied? [w03-AF 8/1 bl. 5 par. 2-5]
10. Watter uitwerking moet die voorbeeld wat Jehovah gestel het deur verniet te gee, op ons hê? (Matt. 10:8). [w03-AF 8/1 bl. 20-2]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Wat het die twee pilare beteken wat Jagin en Boas genoem is en by die ingang was van die tempel wat Salomo gebou het? (1 Kon. 7:15-22).
12. Wat is die hedendaagse parallel van Salomo se 20 jaar lange bouprojek om “die huis van Jehovah en die huis van die koning” te bou? (1 Kon. 9:10).
13. Watter les kan ons uit die ongehoorsaamheid van “’n man van God” leer? (1 Kon. 13:1-25).
14. Hoe het koning Asa van Juda moed aan die dag gelê, en wat kan ons uit sy voorbeeld leer? (1 Kon. 15:11-13).
15. Hoe word die gevaar van selfbejammering toegelig deur die voorval waarby koning Agab en Nabot betrokke was? (1 Kon. 21:1-16).