Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/05 bl. 3-4
  • Kan jy dien waar daar hulp nodig is?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy dien waar daar hulp nodig is?
  • Ons Koninkryksbediening—2005
Ons Koninkryksbediening—2005
km 8/05 bl. 3-4

Kan jy dien waar daar hulp nodig is?

Dit is Jehovah se vaste voorneme om die goeie nuus “in die hele bewoonde aarde” te laat verkondig voordat die einde kom (Matt. 24:14). Sal jy, op grond hiervan, bereid wees om te trek na waar daar hulp nodig is as jou omstandighede dit toelaat? Ouer manne, bedieningsknegte en pioniers is nodig in die gemeentes wat op die volgende bladsy genoem word. Ná biddende oorweging meen jy dalk dat jy kan trek na waar daar hulp nodig is. Indien wel, moet jy dit met jou gesin en die ouer manne in julle gemeente bespreek. Skryf dan ’n brief en gee dit vir die ouer manne sodat hulle hulle opmerkings en aanbevelings kan insluit voordat hulle dit na die takkantoor stuur.

Botswana Talle nuwe gebiede moet nog bereik word. Ghanzi en Kasane het geestelik sterk gesinne nodig.

Namibië Klein gemeentes soos Arandis, Rosh Pinah, Lüderitz, Keetmanshoop, Okahandja, Rehoboth en Mariental het hulp nodig. Daar is ook nuwe gebiede wat ontwikkel kan word.

Kan jy, as jy in Namibië gebore is of ’n Namibiese paspoort of permanente verblyf het, dit oorweeg om na hierdie groot, vrugbare gebied terug te keer?

Suid-Afrika Somerset-Oos: Klein groepie van tien verkondigers het die hulp van ’n ouer man dringend nodig.

Fort Beaufort: Klein gemeente met 22 verkondigers het ouer manne, bedieningsknegte of gewone pioniers nodig.

Midros: (Middelburg, Oos-Kaap) Klein gemeente met 18 verkondigers het ouer manne en bedieningsknegte nodig.

Mmabatho: Hierdie gemeente het 52 verkondigers en het meer ouer manne dringend nodig.

Musina: Daar is geen verkondigers in hierdie gebied nie. Pioniers en ervare ouer manne met sterk gesinne is nodig om die belangstelling in hierdie groeiende dorp te kweek.

Kriel: Klein Engelssprekende groep het hulle eie Koninkryksaal. Ouer manne met sterk gesinne is nodig om ’n gemeente te stig.

Komatipoort: Klein afgesonderde groep verkondigers het sterk gesinne dringend nodig om ’n gemeente te stig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel