Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/05 bl. 3
  • Nou is die tyd om die predikingswerk te doen!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nou is die tyd om die predikingswerk te doen!
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Pioniers bring en ontvang seëninge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • “Jy sal ’n goeie pionier wees!”
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Kan jy ingaan by “’n groot deur wat tot bedrywigheid lei”?
    Ons Koninkryksbediening—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 8/05 bl. 3

Nou is die tyd om die predikingswerk te doen!

1. Waarom is dit nou die tyd om die predikingswerk te doen?

1 “Vrees God en gee hom heerlikheid.” Hierdie boodskap word onder engeleleiding “aan elke nasie en stam en taal en volk” bekend gemaak. Waarom? “Want die uur van die oordeel deur [God] het aangebreek.” Ons lewe vandag in daardie ‘uur van oordeel’, wat ’n hoogtepunt sal bereik in die vernietiging van die teenswoordige stelsel van dinge. Dit is noodsaaklik dat mense “die Een [aanbid] wat die hemel en die aarde en see en waterfonteine gemaak het”. Geen ander werk wat vandag gedoen word, is so belangrik of so dringend soos die verkondiging van die “ewige goeie nuus” nie. Ja, nou is die tyd om die predikingswerk te doen!—Op. 14:6, 7.

2. Hoe toon knegte van Jehovah dat hulle die dringendheid van die tye besef?

2 Gedurende die afgelope tien jaar het knegte van Jehovah bykans 12 miljard uur aan die Koninkrykspredikings- en dissipelmaakwerk bestee. Baie het aanpassings in hulle lewe gemaak om meer in die geestelike oeswerk te doen (Matt. 9:37, 38). Verlede jaar was daar byvoorbeeld gemiddeld meer as 850 000 verkondigers wat elke maand as pioniers gedien het. Vir gewone pioniers beteken dit dat hulle gemiddeld 70 uur per maand aan die predikingswerk moet bestee. Vir hulppioniers is die vereiste 50 uur.

3. Watter aanpassings moet verkondigers dikwels maak sodat hulle kan pionier?

3 Hoe jy kan pionier: Omdat pioniers besef dat ‘die oorblywende tyd kort is’, probeer hulle hulle lewe eenvoudig hou (1 Kor. 7:29, 31). Hulle soek na maniere om uitgawes te besnoei sodat hulle minder tyd aan sekulêre werk kan bestee. Party het byvoorbeeld na ’n kleiner huis getrek. Ander het van onnodige materiële besittings ontslae geraak (Matt. 6:19-21). Hulle moet dikwels ook persoonlike strewes beperk. Dit alles word gedoen met die doel om meer tyd en aandag aan die bediening te wy (Ef. 5:15, 16). Volharding, ’n selfopofferende gees en biddende vertroue op Jehovah het baie verkondigers al in staat gestel om ’n praktiese rooster uit te werk sodat hulle kan pionier.

4. Watter praktiese stappe kan jou help om jou doel te bereik om te pionier?

4 Kan jy pionier? Vra gerus vir suksesvolle pioniers hoe hulle dit regkry. Werk saam met hulle in die veldbediening, en deel in hulle vreugde. Lees artikels oor pionierdiens wat in ons publikasies verskyn het. Stel vir jou praktiese doelwitte wat as trapklippe tot pionierdiens kan dien. As daar struikelblokke is wat op die oomblik keer dat jy as ’n pionier dien, moet jy tot Jehovah daaroor bid en hom vra om jou te help om dit te oorkom.—Spr. 16:3.

5. Hoe help pionierdiens ons om bekwamer te word in die bediening?

5 Seëninge en vreugdes: Pionierdiens help ons om God se Woord op bekwamer wyse te gebruik, wat dan meer vreugde meebring. “Dit is werklik ’n seën om God se Woord van waarheid reg te kan hanteer”, het ’n jong pioniersuster gesê. “As jy pionier, gebruik jy die Bybel baie. Wanneer ek nou van deur tot deur gaan, kan ek dink aan tekste wat vir elke huisbewoner gepas is.”—2 Tim. 2:15.

6. Watter opleiding verskaf pionierdiens?

6 Pionierdiens leer ’n mens ook talle nuttige lewensvaardighede. Dit kan jongmense help om te leer hoe om tyd verstandig te gebruik, hoe om met geld te werk en hoe om met mense oor die weg te kom. Baie ontwikkel ’n meer geestelike lewensbeskouing omdat hulle pionier (Ef. 4:13). En pioniers het dikwels die voorreg om te sien hoe die hand van Jehovah ten behoewe van hulle werk.—Hand. 11:21; Fil. 4:11-13.

7. Hoe help pionierdiens ons om nader aan Jehovah te kom?

7 Een van die grootste seëninge van pionierdiens is waarskynlik dat dit ons help om nader aan Jehovah te kom. Dit kan ons krag gee om beproewinge te verduur. ’n Suster wat ’n baie moeilike tyd deurgemaak het, het gesê: “Die hegte verhouding wat ek deur pionierdiens met Jehovah opgebou het, het my gehelp om deur dit alles te kom.” Sy het bygevoeg: “Ek is so bly dat ek Jehovah gedurende my volwasse lewe voltyds gedien het. Dit het my in staat gestel om van myself te gee op maniere wat ek nooit gedink het moontlik is nie” (Hand. 20:35). Mag ons ook ryk seëninge geniet terwyl ons ons uiterste bes doen in die allerbelangrikste predikingswerk.—Spr. 10:22.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel