Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/06 bl. 6
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2006
Ons Koninkryksbediening—2006
km 2/06 bl. 6

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Februarie: Kom nader aan Jehovah. Maart: Leer by die Groot Onderwyser. April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak!

◼ Aangesien April vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.

◼ “Is God nog in beheer van sake?” sal die tema van die spesiale toespraak vir die 2006-Gedenkmaalseisoen wees wat op Sondag 30 April gehou sal word.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Maart of so gou moontlik daarna ouditeer. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet daar gereël word dat hierdie rekening ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word wanneer die volgende rekeningverslag gelees word. Gemeentes wat aansoek gedoen het om as ’n Openbare Weldaadsorganisasie (OWO) te registreer, moet asseblief die gemeente se rekeninge vir Desember, Januarie en Februarie na die takkantoor stuur nadat die oudit gedoen is. Merk dit vir die aandag van die Rekeningafdeling.

◼ Die sekretaris en die diensopsiener moet die bedrywighede van alle gewone pioniers nagaan. As enigeen van hulle dit moeilik vind om aan die uurvereiste te voldoen, moet die ouer manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die jaarlikse S-201-briewe vir wenke.

◼ Watchtower Library—2005 Edition: Soos in Ons Koninkryksbediening vir Julie 2005 aangekondig is, is die Watchtower Library op CD-ROM nou jaarliks beskikbaar, en dit bevat die elektroniese data vir die publikasies wat tot en met die einde van daardie jaar vrygestel is. Die Watchtower Library—2005 het twee nuwe kenmerke. Die eerste is die teks vir die dag uit die dagteksboekie en die rooster vir die Teokratiese Bedieningskool. Elke keer wanneer Watchtower Library oopgemaak word, sal die teks vir daardie dag en die kommentaar daaroor op die skerm verskyn. Die rooster vir daardie week se Teokratiese Bedieningskool sal daaronder verskyn.

Die tweede kenmerk is sinchronisasie. Voorheen kon jy twee of meer uitgawes van Watchtower Library in verskillende tale, byvoorbeeld Engels en Spaans, installeer en afsonderlik gebruik, maar hulle was nie aan mekaar gekoppel nie. Wat sal sinchronisasie jou in staat stel om te doen? Wanneer jy twee of meer tale van die 2005-uitgawe oop het, kan jy iets in een taal opsoek en oopmaak, en dieselfde teks sal in die ander taal of tale verskyn. Let daarop dat sinchronisasie van tale net met die 2005-uitgawe moontlik is, nie met vorige uitgawes nie.

Hierdie nuwe uitgawe van Watchtower Library sal nie op die Windows 95-bedryfstelsel werk nie. Dit sal Windows 98, Millennium, NT, 2000, XP of ’n jonger weergawe vereis. Gemeentes kan nou Watchtower Library—2005, wat slegs vir Jehovah se Getuies beskikbaar is, begin aanvra. Dit sal as “Pending” op die gemeente se paklys verskyn totdat dit beskikbaar is.

◼ Aandag lektuurkoördineerders en gemeentelike sekretarisse: Wanneer julle met die takkantoor in verbinding tree in verband met lektuur wat verkeerd afgelewer is, sal ons dit waardeer as julle die paklys(te) byderhand het. As julle na die takkantoor skryf, moet julle asseblief ’n afskrif van die paklys voorsien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel