Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 14 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek “Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag”. Kondig die datum van die volgende spesiale byeenkomsdag aan, indien beskikbaar. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Augustus en die Ontwaak! van Augustus aangebied kan word. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe die potensiële gesprekdemper “Ek stel nie in Jehovah se Getuies belang nie” oorkom kan word.—Sien Redenering-boek, bl. 17-18.
15 min: “Spesiale uitgawe van die Ontwaak! wat in September aangebied gaan word.”a Wanneer paragraaf 4 bespreek word, moet ’n kort demonstrasie gedoen word wat toon hoe ’n tiener die Ontwaak! van September vir ’n onderwyser aanbied.
15 min: Vriendskappe by die skool—Hoe heg is te heg? Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op die Ontwaak! van April 2006, bladsye 17-19. Nooi diegene in die gehoor wat in ’n Christenhuis grootgemaak is, om kommentaar te lewer oor hoe hulle ouers hulle voorberei het om by die skool uitdagings die hoof te bied en Bybelbeginsels toe te pas. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.
Lied 164 en slotgebed.
Week wat begin met 21 Augustus
15 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek “Nuwe kringbyeenkomsprogram” en kondig die datum van die volgende kringbyeenkoms aan, indien beskikbaar. Doen verslag oor vordering in ontoegekende gebied. Lig die gemeente in oor die reëlings vir September. Voer ’n onderhoud met een of twee oor die sukses wat hulle tot dusver gehad het.
15 min: Vind baat by die Wagtoring-studie en die Openbare Vergadering. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, van bladsy 59 tot die onderhofie op bladsy 64.
15 min: “Wêreldwye kampanje om die ‘Verlossing is op hande!’-streekbyeenkoms te adverteer.”b Al die paragrawe moet gelees word.
Lied 216 en slotgebed.
Week wat begin met 28 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Augustus in te gee. Ons wil graag weer ’n nuwe verkondigerhoogtepunt vir Augustus probeer bereik. Alle boekstudieopsieners moet seker maak dat almal in hulle groep hulle rapporte ingee sodat die gemeenterapport teen 6 September saamgestel kan word. Hulle moet ook seker maak dat enige laat rapporte vir die diensjaar aan die sekretaris gegee word. Dit sal dalk help as die sekretaris ’n lys van alle laat rapporte voor die tyd kan saamstel en dit vir elke boekstudieopsiener kan gee. Gebruik die wenke op bladsy 4 of enige ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe om Die Wagtoring van 1 September en die Ontwaak! van September aan te bied wanneer ’n herbesoek by ’n tydskrifroete gedoen word.
15 min: Jy kan ’n bron van aanmoediging wees (Rom. 1:11, 12). Toespraak en gehoorbespreking. Meld die aantal gewone pioniers in die gemeente. Noem ’n paar van die maniere waarop ons hulle kan aanmoedig, soos om hulle te prys, positiewe dinge oor die pionierdiens te sê, saam met hulle velddiens te doen, ’n maaltyd saam met hulle te geniet of hulle reiskoste te help dek. Nooi gewone pioniers om kommentaar te lewer oor hoe hulle al deur ander aangemoedig is. As die gemeente nie gewone pioniers het nie, bespreek hoe ons diegene kan aanmoedig wat as hulppioniers dien.
20 min: Kan jy in September ’n Bybelstudie begin? Toespraak en demonstrasies. Gedurende September sal ons ’n spesiale poging aanwend om Bybelstudies tydens die eerste besoek met behulp van die Leer Bybel-boek te begin. Dit beteken dat ons ’n paar paragrawe met die huisbewoner sal probeer bespreek wanneer ons die boek by hom laat. Reël twee demonstrasies waarin onderwerpe gebruik word wat geskik is vir die plaaslike gebied. Toon in elke aanbieding hoe om definitiewe reëlings te tref om terug te gaan en die bespreking voort te sit.
Lied 37 en slotgebed.
Week wat begin met 4 September
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Beplan nou om hulppionierdiens te doen! Toespraak en gehoorbespreking. Spoor broers aan om vir hulle die doelwit te stel om ten minste een maand tydens die nuwe diensjaar hulppionierdiens te doen (1 Kor. 9:26). Sommige sal moontlik besluit om dit tydens ’n maand van spesiale bedrywigheid te doen, of tydens ’n maand met vakansiedae of ’n ekstra naweek. Vra die gehoor: “Hoe het julle in die verlede uitdagings die hoof gebied sodat julle hulppionierdiens kon doen? Watter seëninge het julle geniet omdat julle hulppionierdiens gedoen het? Waarom moet jy dit ’n saak van gebed maak as jy graag hulppionierdiens wil doen, maar onseker is? (Hand. 4:29; 2 Kor. 4:7; Jak. 1:5). Waarom is dit ook goed om dit met jou gesin en ander in die gemeente te bespreek, veral met diegene wat soortgelyke omstandighede het? (Spr. 15:22). Wanneer beplan jy om hulppionierdiens te doen?”
Lied 225 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.