Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/09 bl. 3
  • Soek na verdienstelikes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Soek na verdienstelikes
  • Ons Koninkryksbediening—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Maniere om die goeie nuus te verkondig
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Het jy ’n persoonlike gebied?
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Bied Die Goeie Nuus Aan—In gebied wat gereeld gedek word
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Vervul jou bediening ten volle
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2009
km 9/09 bl. 3

Soek na verdienstelikes

1. Hoe toon ons waardering vir die voorreg om aan die bediening deel te neem?

1 Jesus het gedurende sy bediening groot moeite gedoen om vertroostende goeie nuus vir die sagmoediges te bring (Jes. 61:1, 2). As ambassadeurs en gesante wat as plaasvervangers vir Christus optree, het ons vandag die kosbare voorreg om hom na te volg deur onvermoeid en deeglik na die verdienstelikes in ons gebied te soek.—Matt. 10:11; 2 Kor. 5:20.

2. Hoe het Paulus getoon dat hy aanpasbaar is, en wat was die resultaat?

2 Wees aanpasbaar: Die apostel Paulus was gewoond daaraan om heel eerste na die sinagoge toe te gaan om vir die Jode en proseliete te preek (Hand. 14:1). In Filippi het hy en Silas na mense gaan soek waar ‘hulle gedink het ’n bidplek is’. Hulle het vir ’n groep vroue begin getuig, en een van hulle, Lidia, het gou die waarheid aangeneem.—Hand. 16:12-15.

3. Watter geleenthede benewens ons huis-tot-huis-gebied kan ons benut om te getuig?

3 Kan jy, benewens in jou huis-tot-huis-gebied, ook vir mense getuig waar hulle vir openbare vervoer wag, in parke, by werkverskaffingskantore, op besige straathoeke, in sakegebiede en in winkelsentrums in julle gebied? Dalk kan jy per brief of telefoon getuig vir mense in afgesperde woongebiede en woonstelgeboue met beperkte toegang. As jy oplettend is en aanpas by die veranderende behoeftes in julle gebied, sal dit jou in staat stel om “baie [te hê] om in die werk van die Here te doen”.—1 Kor. 15:58.

4. Watter ander opsies het ons as ons gemeente se gebied beperk is?

4 Baie verkondigers het al die geleentheid gehad om hulle bediening uit te brei deur na ’n ander gemeente in hulle land of in ’n ander land te verhuis. Ander het ’n nuwe taal aangeleer sodat hulle kan preek vir mense wat van ’n ander land af kom.

5. Wat moet ons beskouing wees van die tyd waarin ons lewe, en wat moet ons vasbeslote wees om te doen?

5 Almal van ons moet in gedagte hou dat ‘die saailand die wêreld is’ (Matt. 9:37; 13:38). Aangesien die einde van hierdie goddelose stelsel van dinge so naby is, moet elkeen ernstig nadink oor sy situasie, talente, geleenthede en moontlikhede om sy bediening uit te brei. Jehovah gee ons die versekering dat hy ons opregte pogings om ons bediening uit te brei, sal seën as ons Koninkryksbelange eerste stel.—Matt. 6:33.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel