Preek met ’n gevoel van dringendheid!
1. Watter vermaning van Paulus vereis in ons tyd aandag?
1 “Verkondig die woord, bly dringend daarmee besig” (2 Tim. 4:2). Waarom is Paulus se vermaning in ons tyd baie belangrik? Hoe kan hierdie woorde ’n uitwerking op ons lewe en dié van ander hê?
2. Waarom soek ons ywerig na diegene wat nog nie die goeie nuus gehoor het nie?
2 Lewens is op die spel: Miljoene mense oor die hele wêreld moet nog die goeie nuus hoor wat tot hulle redding kan lei (Rom. 10:13-15; 1 Tim. 4:16). Baie opregtes van hart word gevind in gebied wat dikwels gedek word. As ons op ’n ander dag of ’n ander tyd van die dag besoek aflê, sal ons dalk iemand anders vind. Wanneer ons so ywerig soek, sal ons ’n skoon gewete hê en vry van bloedskuld wees.—Hand. 20:26.
3. Hoe kan ons ons tyd in die bediening verstandig gebruik?
3 Eerste-eeuse Christene het ‘Jerusalem met hulle leer vervul’, al het hulle hewige teenstand verduur (Hand. 5:28). Is ons net so vasbeslote om “’n deeglike getuienis te gee”? (Hand. 10:42). Gebruik ons ons tyd verstandig wanneer ons in die bediening is? Neem ons die inisiatief om met verbygangers te praat as ons wag terwyl ander ’n herbesoek doen?
4. Hoe help dit ons om aan te hou waak as ons met ’n gevoel van dringendheid preek?
4 Dit maak ons waaksamer: Aangesien die einde van hierdie stelsel van dinge voor die deur is, moet ons op ons hoede bly en aanhou waak (1 Tess. 5:1-6). As ons gereeld oor ons Koninkrykshoop praat, sal ons harte nie deur hierdie stelsel van dinge beswaar word nie (Luk. 21:34-36). En wanneer ons die dag van Jehovah “goed in gedagte hou”, beweeg dit ons om meer in die lewensreddende predikingswerk te doen.—2 Pet. 3:11, 12.
5. Hoe spoor respek vir lewe ons aan in die bediening?
5 Wanneer ons met ’n gevoel van dringendheid preek, weerspieël ons Jehovah se beskouing van lewe: “Hy [wil] nie . . . hê dat enigeen vernietig moet word nie, maar wil hê dat almal tot berou moet kom” (2 Pet. 3:9; Eseg. 33:11). Mag ons vasbeslote wees om met soveel moontlik in ons gebied in aanraking te kom, alles tot lof van Jehovah!—Ps. 109:30.