Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/09 bl. 2
  • Jy moet jou studente ‘jou siel meedeel’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jy moet jou studente ‘jou siel meedeel’
  • Ons Koninkryksbediening—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Help jou Bybelstudente om gedoopte dissipels te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel twee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Hoe die gemeente Bybelstudente kan help om tot doop te vorder
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel een
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2009
km 12/09 bl. 2

Jy moet jou studente ‘jou siel meedeel’

1. Wat is nodig om ’n Bybelstudent te help?

1 As ons ’n Bybelstudent wil help om tot toewyding te vorder, is meer nodig as om bloot ’n gereelde Bybelstudie met hom te hou. Die apostel Paulus het sy verhouding met diegene wat hy onderrig het, vergelyk met dié van ’n sogende moeder wat haar kinders koester. Ons wil ons studente ook graag “ons eie siele” meedeel om hulle te help om geestelik te groei.—1 Tess. 2:7-9.

2. Waarom moet ons persoonlike belangstelling toon, en hoe kan dit gedoen word?

2 Toon persoonlike belangstelling: Wanneer ’n Bybelstudent toepas wat hy leer, sal sy gewete hom aanspoor om nie meer noue omgang te hê met mense wat nie in ooreenstemming met Bybelbeginsels leef nie (1 Pet. 4:4). Sy gesin sal hom dalk verstoot (Matt. 10:34-36). Ons kan help om die emosionele leemte te vul deur hartlike persoonlike belangstelling te toon. ’n Ervare sendeling gee dié raad: “Moenie dadelik loop nadat die studie klaar is nie. Bly en gesels ’n rukkie as dit gepas is.” Wees gereed om jou student praktiese hulp te bied. Kan jy hom byvoorbeeld skakel of besoek wanneer hy siek is? Kan jy tydens vergaderinge by jou student sit en met die kinders help as dit gepas is?

3. Hoe kan ons ons student help om aanmoediging van die gemeente te ontvang?

3 Hulp van die gemeente: As jy in die bediening naby jou student se huis werk, kan jy gerus kortliks inloer om hom voor te stel aan dié wat saam met jou velddiens doen. As dit gepas is, kan jy gerus van tyd tot tyd verskillende verkondigers, met inbegrip van ouer manne, nooi om saam met jou na die studie te gaan. Kort nadat jy ’n studie begin het, moet jy ook jou Bybelstudent aanspoor om vergaderinge by die Koninkryksaal by te woon. Hy sal dan opbouende omgang kan geniet met lede van die gemeente wat moontlik sy geestelike gesin sal word.—Mark. 10:29, 30; Heb. 10:24, 25.

4. Hoe sal ons ywer moontlik beloon word?

4 ’n Ouer wat sy kinders onvermoeid geestelik help, loop oor van vreugde wanneer hulle hulle aan Jehovah se kant skaar en in die waarheid wandel (3 Joh. 4). Ons kan soortgelyke vreugde smaak wanneer ons ons Bybelstudente ons siele meedeel om hulle te help.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel