Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 28 Desember 2009 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.
1. Hoe kan hedendaagse Christene die beginsel in Deuteronomium 14:1 toepas? [w05 1/1 bl. 28; w04 9/15 bl. 27 par. 5]
2. Hoe kan Deuteronomium 20:5-7 vandag in beginsel in die Christengemeente toegepas word? [w04 9/15 bl. 27 par. 6]
3. Hoe het Israel van ander nasies verskil wat sake in verband met oorlogvoering betref? (Deut. 20:10-15, 19, 20; 21:10-13). [cl bl. 134-135, par. 17]
4. Wat kan ons help om Jehovah met vreugde van hart te dien? (Deut. 28:47). [w95 1/15 bl. 16 par. 4-5]
5. Hoe kan ouers baat vind by die vergelyking in Deuteronomium 32:9, 11, 12, wat Jehovah se liefde vir Israel toelig? [w01 10/1 bl. 9 par. 7-9]
6. Hoe moet ons Ragab se misleidende woorde aan die koning se manne wat na die spioene gesoek het, verstaan? (Jos. 2:4, 5). [w93 12/15 bl. 25 par. 1]
7. Watter les leer ons uit die Israeliete se voorbeeld wat in Josua 3:15, 16 opgeteken is? [w04 12/1 bl. 9 par. 6]
8. Wat kan ons leer uit die manier waarop Josua Agan se diefstal hanteer het? (Jos. 7:20-25). [w04 12/1 bl. 11 par. 4]
9. Hoe toon Josua 9:22, 23 dat God se Woord beslis vervul word? [w04 12/1 bl. 11 par. 3; si bl. 44, par. 13]
10. Watter aansporing kan ons uit Kaleb se voorbeeld kry? (Jos. 14:8, 10-12). [w04 12/1 bl. 12 par. 2; w93 5/15 bl. 29 par. 1]