Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Wat leer die Bybel werklik? Probeer tydens die eerste besoek Bybelstudies begin. Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Waar belangstelling getoon word, kan ons die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aanbied en ’n Bybelstudie probeer begin. November: Die Bybel—Wat is die boodskap daarin? Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Waar daar kinders is, kan die boek Leer by die Groot Onderwyser aangebied word.
◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2011-Gedenkmaalseisoen sal gedurende die week van 25 April 2011 gehou word. Die tema van die toespraak sal later aangekondig word. Gemeentes wat daardie naweek die kringbesoek of ’n byeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende week hê. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor 25 April hê nie.
◼ Van die week van 14 Maart 2011 af sal die boek ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk tydens die Gemeentelike Bybelstudie bespreek word. Gemeentes wat voorraad van hierdie boek nodig het, moet dit met hulle volgende lektuuraanvraag aanvra.
◼ Die streekbyeenkoms in Quthing (Suid-Sotho) is verander na 8-10 Oktober 2010.