Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! Waar belangstelling getoon word, bied die traktaat Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aan en probeer ’n Bybelstudie begin. November: Die Bybel—Wat is die boodskap daarin? Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Waar daar kinders is, kan die boek Leer by die Groot Onderwyser aangebied word. Januarie: Wat leer die Bybel werklik?
◼ Ons is bly om te berig dat ses Koninkryksale in onlangse maande toegewy is: Dlangubo (Empangeni), KwaDukuza (Stanger), Mohaleshoek (Lesotho), Petrus Steyn (Vrystaat), Reagile (Koster) en Umlazi Emandleni (Durban). Dankie aan al die vrywilligers wat met hierdie projekte gehelp het.
◼ Gemeentes in Suid-Afrika: Elke gemeentelike sekretaris moet asseblief sorg dat alle gemeentelike rekeninge vir die 2010-diensjaar na die tak gestuur word en dat dit duidelik gemerk is: Attention: Accounting Office. Dokumente wat vereis word, sluit bankstate, fakture vir betalings, kwitansies (S-24), Boekhouvorms (S-26) en Maandelikse gemeentelike rekeningverslae (S-30) in.