Velddiensglanspunte
In ons takkantoor se gebied is daar gedurende Augustus 2010 buitengewone sukses in die bediening behaal, en ons is bly om julle van die volgende glanspunte te vertel: Suid-Afrika het ’n nuwe verkondigerhoogtepunt van 90 037 bereik, wat vir die eerste keer meer as 90 000 is. En ’n uitstekende nuwe hoogtepunt van 124 007 Bybelstudies is gerapporteer. Namibië het ook nuwe hoogtepunte van 1 898 verkondigers en 3 371 Bybelstudies bereik. Lesotho het ’n nuwe verkondigerhoogtepunt van 3 632 bereik, en hulle het gemiddeld 12,3 uur in die bediening bestee.