Rooster vir die week van 18 April
WEEK WAT BEGIN MET 18 APRIL
Lied 17 (29) en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
bt hfst. 2 ¶16-23 (25 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Job 28-32 (10 min.)
Nr. 1: Job 30:1-23 (4 min. of minder)
Nr. 2: As iemand sê: “Julle glo nie in Jesus nie”—rs bl. 239 ¶3–bl. 240 ¶1 (5 min.)
Nr. 3: Waarom ons moet dink voor ons praat—Spr. 16:23 (5 min.)
□ Diensvergadering:
Lied 54 (144)
5 min: Aankondigings.
10 min: Wanneer ander ’n verduideliking eis. Toespraak gebaseer op die Bedieningskool-boek, bladsy 177, paragraaf 2, tot aan die einde van bladsy 178. Sluit ’n kort demonstrasie in van ’n ongelowige werksmaat wat ’n verkondiger ’n vraag vra oor ons opvattings. Die verkondiger hou ’n alleenspraak waarin hy in sy gedagtes ’n skets uitwerk van hoe hy sal antwoord, en dan beantwoord hy die vraag.
10 min: Vraebus. Bespreking deur ’n ouer man.
10 min: Maniere om die goeie nuus te verkondig—Van huis tot huis. Bespreking van Georganiseer-boek, bladsy 92, paragraaf 3, tot bladsy 95, paragraaf 2. Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers wat van huis tot huis preek ten spyte van struikelblokke, soos fisiese gebreke of skugterheid. Hoe is hulle pogings beloon?
Lied 26 (138) en gebed