Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/11 bl. 1
  • ’n Kragtige getuienis sal gegee word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Kragtige getuienis sal gegee word
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Verwelkom hulle!
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Hoe kan ons diegene help wat die Gedenkmaal bywoon?
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Verwelkom ons gaste
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Laat hulle welkom voel by die Gedenkmaal
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 4/11 bl. 1

’n Kragtige getuienis sal gegee word

1. Wat behalwe die toespraak sal besoekers by die Gedenkmaal moontlik beïndruk? Verduidelik.

1 Wanneer? Op die aand van die Gedenkmaal. Ons het baie moeite gedoen om mense te nooi om dit saam met ons by te woon. Besoekers sal moontlik beïndruk word deur meer as net wat hulle hoor. Nadat een vrou die Gedenkmaal bygewoon het, het sy spesifiek gepraat van wat sy gesien het—hoe vriendelik almal was en hoe pragtig en skoon die gebou was wat deur vrywilligers opgerig is en in stand gehou word. Ons almal, nie net die spreker nie, werk dus saam om by hierdie allerbelangrikste geleentheid van die jaar ’n getuienis te gee.—Ef. 4:16.

2. Hoe kan elkeen van ons vir besoekers ’n getuienis gee?

2 Groet besoekers vriendelik: Ons vriendelike glimlag en hartlike verwelkoming van besoekers sal ’n getuienis gee (Joh. 13:35). Al kan jy nie met almal praat nie, kan jy jou nogtans vriendelik voorstel aan mense naby jou (Heb. 13:1, 2). Wees op die uitkyk vir besoekers wat blykbaar niemand ken nie. Hulle het waarskynlik gedurende die kampanje ’n uitnodiging ontvang. Jy kan vra: “Is dit die eerste keer dat jy hier is?” Nooi hulle om by jou te sit, en bied aan om enige vrae wat hulle dalk het, te beantwoord. As julle gemeente die fasiliteit gou moet verlaat sodat ’n ander gemeente dit kan gebruik, kan jy sê: “Ek sal graag wil hoor wat jy van die program gedink het. Is daar ’n manier waarop ek jou kan kontak?”

3. Hoe kan ons onbedrywiges verwelkom?

3 Verwelkom die onbedrywiges: Daar sal ongetwyfeld onbedrywige verkondigers teenwoordig wees, insluitende party wat slegs een keer per jaar tydens die Gedenkmaal met die gemeente assosieer. Verwelkom hulle en sê vir hulle dat jy baie bly is om hulle te sien (Rom. 15:7). Ouer manne kan hulle kort daarna by hulle huis gaan besoek om hulle aan te spoor om met die gemeente te bly assosieer. Ons bid dat baie Gedenkmaalbywoners beweeg sal word om God te verheerlik, nie net as gevolg van wat hulle hoor nie, maar ook as gevolg van wat hulle sien omdat ‘hulle ooggetuies van ons goeie werke is’.—1 Pet. 2:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel