Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/11 bl. 2
  • Kan jy Sondae aan die bediening deelneem?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy Sondae aan die bediening deelneem?
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Moet Christene ’n rusdag hou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Lidia—’n gasvrye aanbidder van God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Moet Christene die Sabbat onderhou?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Weeklikse deelname aan die bediening verskaf groter vreugde
    Ons Koninkryksbediening—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 5/11 bl. 2

Kan jy Sondae aan die bediening deelneem?

1. Wat kan ons leer uit die optrede van Paulus en sy metgeselle in Filippi?

1 Dit was die Sabbat, ’n dag wanneer die meeste van die Jode in Filippi gerus het. Paulus en sy metgeselle het die stad tydens een van hulle sendingreise besoek. Niemand sou hulle gekritiseer het as hulle ook op hierdie dag ’n welverdiende ruskans geniet het wat hulle bediening betref nie. Hulle het egter geweet dat Jode buite die stad vergader om te bid, en daarom het hulle die geleentheid benut om vir hulle te preek. Hoe bly moes Paulus en sy metgeselle tog gewees het toe Lidia geluister het en haar hele huisgesin gedoop is! (Hand. 16:13-15). Aangesien baie mense in ons tyd Sondag rus, kan jy gerus ’n deel van hierdie dag gebruik om vir hulle te preek.

2. Watter uitdagings het Jehovah se volk die hoof gebied sodat hulle Sondae sonder teistering kon preek?

2 Die stryd om Sondae die predikingswerk te kan doen: Gedurende 1927 is Jehovah se volk aangespoor om ’n deel van elke Sondag in die bediening deur te bring. Dit het onmiddellik teenkanting tot gevolg gehad. Baie is in die Verenigde State in hegtenis geneem vir die oortreding van die sabbatwette op Sondag, rusverstoring en smousery sonder ’n lisensie. Maar Jehovah se volk het nie tou opgegooi nie. In die 1930’s het hulle “afdelingskampanjes” gereël, waarin verkondigers van omliggende gemeentes saamgespan het om ’n gebied te dek. Soms wanneer verkondigers in hegtenis geneem is, was daar soveel van hulle dat die owerheid oorweldig gevoel het. Waardeer jy werklik die opofferings wat daardie broers gemaak het sodat ons Sondae sonder teistering kan preek?

3. Waarom is Sondag ’n goeie dag om aan die bediening deel te neem?

3 ’n Uitstekende dag om te preek: Baie mense gaan nie Sondae werk toe nie en is dus tuis. Hulle is gewoonlik meer ontspanne. Sommige kerkgangers is dalk meer geneig om op hierdie dag oor God te praat. As ons ons vergadering Sondae het, is ons reeds aangetrek soos ons vir die bediening sou aantrek, en daarom kan jy gerus reël om voor of ná die vergadering velddiens te doen. As dit nodig is, kan jy ’n ligte ete voorberei om saam met jou te neem.

4. Watter vreugde kan ons smaak as ons ’n deel van Sondae in die bediening deurbring?

4 As ons ’n deel van Sondae vir die bediening gebruik, sal ons nog steeds tyd hê om die rus te kry wat ons nodig het. En ons rus sal gepaardgaan met die bevrediging wat ons kry wanneer ons heilige diens verrig (Spr. 19:23). Ons sal dalk selfs die vreugde smaak om iemand soos Lidia te vind!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel