Rooster vir die week van 10 Oktober
WEEK WAT BEGIN MET 10 OKTOBER
Lied 44 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
bt hfst. 11 ¶1-4, vensters op bl. 84, 86-87 (25 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Spreuke 7-11 (10 min.)
Nr. 1: Spreuke 8:1-21 (4 min. of minder)
Nr. 2: As iemand sê: “God se Koninkryk sal nie in my lewe kom nie”—rs bl. 254 ¶2-3 (5 min.)
Nr. 3: Waarom die Skrif ons waarsku om nie “alte regverdig” te word nie—Pred. 7:16 (5 min.)
□ Diensvergadering:
5 min: Aankondigings.
15 min: Het jy dit al probeer? Bespreking. Hou ’n toespraak waarin die inligting uit hierdie onlangse artikels in Ons Koninkryksbediening kortliks hersien word: “Kan jy Sondae aan die bediening deelneem?” (km 5/11) en “Straatgetuieniswerk wat doeltreffend is” (km 6/11). Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle die wenke in hierdie artikels probeer toepas het en hoe hulle daarby baat gevind het.
15 min: “Help die huisbewoner om te redeneer.” Vrae en antwoorde. Nadat paragraaf 3 bespreek is, moet ’n demonstrasie gehou word waarin ’n verkondiger op dogmatiese wyse reageer op ’n algemene vraag of beswaar. Wys dan hoe hy op dieselfde vraag of beswaar reageer deur met die huisbewoner te redeneer.
Lied 102 en gebed