Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 26 Desember 2011 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.
1. Hoe kan die raad in Spreuke 30:32 ons help om iemand wat dalk deur ons beledig is, nie verder te vertoorn nie? [w87 5/15 bl. 30 par. 11]
2. Watter soort “blydskap” laat ’n mens onvervuld voel? (Pred. 2:1). [g 4/06 bl. 6 par. 1-2]
3. Al kom party mense tot die gevolgtrekking dat Salomo se woorde in Prediker 3:1-9 geloof in die noodlot steun, hoe helder sy woorde in Prediker 9:11 sake op deur duidelik te toon dat alles in die lewe nie deur die noodlot bepaal word nie? [w09 3/1 bl. 4 par. 4]
4. Watter gevaar hou dit in om “alte regverdig” te wees? (Pred. 7:16). [w10 10/15 bl. 9 par. 8-9]
5. Hoe toon Hooglied 2:7 dat diegene wat dit oorweeg om te trou, verstandig is as hulle nie oorhaastig ’n maat kies nie? [w06 11/15 bl. 19 par. 1; w80 7/1 bl. 20 par. 7 (w80-E 4/15 bl. 19 par. 7)]
6. Wat is betekenisvol daaraan dat die Sulammitiese meisie se ‘lippe drup van heuningstroop’ en dat daar ‘heuning en melk onder haar tong is’? (Hoogl. 4:11). [w06 11/15 bl. 19 par. 6]
7. Hoe gee die titels “Wonderlike Raadgewer”, “Magtige God” en “Ewige Vader” ons insig in die eienskappe van Jesus en sy heerskappy in die nuwe wêreld? (Jes. 9:6). [w91 4/15 bl. 5 par. 7]
8. Wie kan vandag met die “afvallige nasie” Israel vergelyk word, en wie sal dien as Jehovah se “roede” om dit te vernietig? (Jes. 10:5, 6). [ip-1 bl. 145 par. 4-5; bl. 153 par. 20]
9. Waarom is Jesaja se voorspelling dat Babilon “nooit bewoon” sal word nie, so merkwaardig, en watter vertroue gee die vervulling daarvan ons vandag? (Jes. 13:19, 20). [g 11/07 bl. 9 par. 4-5]
10. Wanneer het Jesus “die sleutel van die huis van Dawid” ontvang, en hoe het hy hierdie sleutel al gebruik? (Jes. 22:22). [w09 1/15 bl. 31 par. 2]