Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir April: Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? of enige velddiensbrosjure wat die gemeente in voorraad het. Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Wat leer die Bybel werklik? Julie en Augustus: Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? of enige velddiensbrosjure wat die gemeente in voorraad het.
◼ Wanneer jou persoonlike reisplanne die bywoning van ’n streekbyeenkoms in ’n ander land insluit, kan jy nuttige inligting op die webwerf jw.org vind deur te klik op die “Conventions”-skakel onder die “Lookup”-gewel, waar streekbyeenkomste met bevestigde datums verskyn.
◼ Daar is al opgelet dat party ’n uitbreiding regstreeks skakel wanneer hulle Bethel bel. Maar dan praat hulle dikwels met die verkeerde afdeling. Dit gebeur omdat daar intussen dalk veranderinge in afdelings en persoonlike toewysings plaasgevind het. Ons stel dus voor dat almal eerder die amptelike nommer vir die takkantoor, naamlik 011 761 1000, gebruik tensy julle ’n spesifieke nommer gegee is om te skakel (soos in ’n brief wat van die takkantoor af kom). Julle sal dan na die regte uitbreiding deurgeskakel word. Sodoende kan sake “welvoeglik en volgens reëling” geskied.—1 Kor. 14:40.