Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/13 bl. 3-6
  • Julle sal dalk moet soek voordat julle preek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Julle sal dalk moet soek voordat julle preek
  • Ons Koninkryksbediening—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Jehovah het sy aangesig teenoor hulle laat skyn’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Wees daarop ingestel om dowe mense in julle gebied te vind
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Waardeer jou dowe broers en susters!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Hoe God vir die dowes sorg
    Nog onderwerpe
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2013
km 1/13 bl. 3-6

Julle sal dalk moet soek voordat julle preek

1. Waarom word gemeentes se gebiedstoewysings in veeltalige gebiede volgens taal gedoen?

1 Nadat Jesus se dissipels op Pinkster 33 HJ die heilige gees ontvang het, het hulle “in ander tale begin praat” met die mense wat uit verafgeleë dele van die aarde daar was (Hand. 2:4). Gevolglik is ongeveer 3 000 gedoop. Dit is interessant dat die meeste van die besoekers ook ’n gemeenskaplike taal gepraat het, heel moontlik Hebreeus of Grieks. Tog het Jehovah gekies om die Koninkryksboodskap in hulle moedertaal aan hulle te laat verkondig. Een rede hiervoor is ongetwyfeld dat mense dikwels geredeliker op die goeie nuus reageer wanneer hulle dit in hulle moedertaal hoor. Vandag word gemeentes se gebiedstoewysings in veeltalige gebiede dus volgens taal gedoen (Georganiseer, bl. 107, par. 1-2). Anderstalige groepe kry nie ’n gebiedstoewysing nie, maar hulle preek vir die mense wat hulle taal praat in die gebied van die gemeente wat na die groep omsien, en van ander gemeentes in die omgewing.

2. (a) Wat is die soekwerk, en waar sal dit dalk nodig wees? (b) Hoe kan gemeentes mekaar help wanneer hulle in veeltalige gebiede werk? (c) Wat moet ons doen as ons iemand vind wat ’n ander taal praat en belangstelling toon?

2 As almal dieselfde taal praat waar julle woon, kan julle eenvoudig van huis tot huis preek. Maar julle situasie is moontlik anders as julle in ’n veeltalige stedelike gebied woon. Anderstalige gemeentes preek dalk in dieselfde buurte. Hoewel die gemeentes dalk inligting aan julle verskaf wanneer hulle mense vind wat julle taal praat, is dit eintlik julle gemeente of groep se verantwoordelikheid om mense te vind vir wie julle kan preek. (Sien die venster “Help mekaar”.) Gevolglik sal julle dalk die soekwerk moet doen deur navrae te doen om mense te vind wat ’n spesifieke taal praat. Hoe kan die soekwerk gedoen word?

3. Wat bepaal waar ’n gemeente of groep die soekwerk doen en hoeveel tyd hulle aan hierdie werk bestee?

3 Organisering van die soekwerk: Die hoeveelheid tyd wat in veeltalige gebiede aan die soekwerk bestee word, hang van plaaslike omstandighede af. Byvoorbeeld, hoeveel mense in die gemeenskap praat die taal? Hoeveel verkondigers is daar? Hoeveel adresse het die gemeente of groep reeds? Die gemeente hoef nie in elke buurt dieselfde hoeveelheid tyd aan die soekwerk te bestee nie, maar kan kies om hulle aandag toe te spits op die digter bevolkte plekke binne die grense van hulle gebied, en op die plekke wat redelik naby is. Dit is egter belangrik om ’n goed georganiseerde reëling te hê om die soekwerk te doen, sodat soveel mense moontlik die geleentheid gebied kan word om die naam van Jehovah aan te roep.—Rom. 10:13, 14.

4. (a) Hoe moet die soekwerk georganiseer word? (b) Wat is party maniere waarop julle mense kan vind wat julle taal praat?

4 Die liggaam van ouer manne, veral die diensopsiener, moet die soekwerk organiseer en toesig daaroor hou, sodat daar nie onnodig dubbele werk gedoen word in gebiede waar daar gesoek moet word nie (1 Kor. 9:26). In anderstalige groepe kan die leiding geneem word deur ’n bekwame broer, verkieslik ’n ouer man of bedieningskneg wat gekies is deur die liggaam van ouer manne van die gemeente wat na die groep omsien. Baie gemeentes en groepe het ’n georganiseerde reëling om voorlopige navorsing te doen, miskien deur ’n telefoongids of die Internet te gebruik om name te soek wat algemeen in die taal is. Daarna word die soekwerk gedoen deur middel van telefoonoproepe of besoeke om te bepaal watter adresse in die gebied ingesluit moet word. Die liggaam van ouer manne van ’n gemeente wat na ’n groep omsien, kan, as dit prakties is, reël dat die hele gemeente soms met die soekwerk help.—Sien die venster “Hoe om mense te vind wat julle taal praat”.

5. (a) Wat is ’n paar wenke vir verkondigers wat die soekwerk doen? (b) Wat kan ons vir mense sê wanneer ons die soekwerk doen?

5 Ons moet ons doel duidelik voor oë hou elke keer wanneer ons aan die soekwerk deelneem. Aangesien hierdie werk deel uitmaak van die bediening, moet ons gewoonlik soos bedienaars aangetrek wees. Baie vind dat dit hulle help om hulle geesdrif te behou en hulle taalvaardighede te verbeter as hulle hulle aanbiedings oefen en die taal praat terwyl hulle die soekwerk doen. Ons kan die tyd tel wat ons aan die soekwerk bestee, maar nie die tyd wat gebruik word om gebiedskaarte en -lyste voor te berei nie. Wanneer ons iemand vind wat die taal praat, moet ons probeer om hom of haar van die goeie nuus te vertel en dan moet ons so gou moontlik die diensopsiener of iemand wat deur hom aangewys is, in kennis stel sodat gebiedsverslae bygewerk kan word. Dit moet gedoen word hetsy die persoon belangstelling getoon het of nie. Hoewel die soekwerk belangrik is, moet ons gebalanseerd wees en aan alle aspekte van die bediening deelneem.—Sien die venster “Wat om in die soekwerk te sê”.

6. Voor watter unieke uitdagings kom ’n mens te staan wanneer jy na dowe mense soek?

6 Hoe om na dowe mense te soek: Om na dowe mense te soek, bied unieke uitdagings en verg baie inspanning en deursettingsvermoë. ’n Dowe persoon kan nie uitgeken word aan die spelling van sy naam, aan sy fisiese kenmerke of aan sy kleredrag nie. En gesinslede en vriende is dalk beskermend en huiwer miskien om inligting te gee aan verkondigers wat navraag doen. Die volgende wenke om na die dowes te soek, sal moontlik ook nuttig wees wanneer ons na mense soek wat ’n gesproke taal praat.

7. (a) Watter navrae kan in woongebiede gedoen word om die dowes te vind? (b) Hoe kan ons ’n agterdogtige huisbewoner gerusstel?

7 Gebaretaalgemeentes en -groepe het al sukses behaal deur in woongebiede navraag te doen. Die huisbewoner het miskien al gesien dat ’n buurman, werksmaat of skoolmaat gebaretaal gebruik. Hy het dalk al ’n padteken gesien wat mense waarsku dat daar dowe kinders is. Miskien het hy ’n dowe familielid. Hou in gedagte dat die huisbewoner moontlik ’n bietjie agterdogtig sal wees oor die doel van jou besoek. Maar jy kan baie doen om die huisbewoner gerus te stel deur jou opregte vriendelikheid en deur ’n kort, eerlike en waardige verduideliking te gee. Party het al goeie resultate behaal deur die Bybel of ander DVD’s te vertoon wanneer hulle die huisbewoner vra of hy iemand ken wat doof is. Daarna sê hulle eenvoudig dat hulle die dowes graag van die Bybel se hoop wil vertel. Al is die huisbewoner huiwerig om inligting te verskaf, sal hy dalk bereid wees om jou adreskaartjie of ’n uitnodiging na gemeentelike vergaderinge te aanvaar en dit vir sy dowe familielid of vriend te gee.

8. Hoe kan ’n nabygeleë gemeente ’n gebaretaalgemeente help?

8 ’n Gebaretaalgemeente kan ’n nabygeleë anderstalige gemeente nooi om hulle een of twee dae per jaar met die soekwerk te help in een van die woonbuurte in hulle groot gebied. ’n Velddiensvergadering wat deur die gebaretaalgemeente gehou word, kan riglyne vir hierdie werk en ’n demonstrasie insluit. Ten minste een verkondiger van die gebaretaalgemeente kan aan elke motorgroep toegewys word, en hulle kan ’n kaart gegee word van die spesifieke gebied waarin hulle die soekwerk moet doen.

9. Hoe kan die soekwerk gedoen word waar dowe mense bymekaarkom vir geselskap en vermaak of om nuttige dienste te bekom?

9 Die soekwerk kan ook gedoen word waar dowe mense gewoonlik bymekaarkom vir geselskap en vermaak of om nuttige dienste te bekom wat in die gemeenskap aangebied word. Verkondigers moet klere dra wat gepas is vir die geleentheid. Dit sal dalk die beste wees om met een of twee van die mense daar te gesels en om oordeelkundig te wees eerder as om ’n aanbieding voor die hele groep te doen. As die gesprek ’n gunstige reaksie uitlok, kan julle mekaar se kontakbesonderhede neem.

10. Hoe kan verkondigers die soekwerk by plaaslike sakeondernemings doen?

10 ’n Ander opsie is om kaarte met plaaslike sakeondernemings daarop voor te berei en hulle dan op ’n gepaste tyd te besoek. Een van die kaarte kan ’n aantal vulstasies insluit. ’n Ander kaart kan droogskoonmakers, wasserye, restaurante, hotelle of ’n ander soort onderneming daarop hê. As daar op elke kaart een soort onderneming is, kan verkondigers dieselfde benadering gebruik en dus ondervinding opdoen en vaardiger word. Byvoorbeeld, aangesien hotelle gewoonlik dowe kliënte huisves, kan ons ons werk kortliks aan die ontvangsklerk verduidelik en ’n voorbereide pakket met ’n DVD en ’n uitnodiging na gemeentelike vergaderinge aanbied, wat die hotel vir dowe gaste kan gee. By party ondernemings kan ons eenvoudig vra of enige werkers of gereelde kliënte gebaretaal gebruik. As daar ’n skool vir die dowes in die gebied is, kan ons vir hulle party van ons DVD’s aanbied vir hulle biblioteek.

11. Waarom is die soekwerk ’n belangrike deel van die bediening?

11 ’n Belangrike werk: Dit kan vermoeiend wees om huisbewoners te soek wat julle taal praat. En die samestelling van party buurte kan vinnig verander omdat mense in- en uittrek, wat dit moeilik maak om gebiedsverslae op datum te hou. Die soekwerk word nietemin in al hoe meer gebiede ’n belangrike aspek van die bediening. Jehovah, wat ons die toewysing gegee het om te preek, is nie partydig nie (Hand. 10:34). Sy “wil . . . is dat alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom” (1 Tim. 2:3, 4). Laat ons dus met Jehovah en met mekaar saamwerk om mense van alle tale te vind wat “’n edel en goeie hart” het.—Luk. 8:15.

[Venster op bladsy 3]

Help mekaar

As die gemeente of groep graag hulp wil hê om mense van hulle taal te vind vir wie hulle kan preek, kan die diensopsiener met die ouer manne van nabygeleë anderstalige gemeentes in verbinding tree. Dit is moontlik die beste om net in verbinding te tree met gemeentes wat redelik naby is of wat baie mense in hulle gebied het wat daardie taal praat. Die anderstalige gemeentes kan hulle verkondigers dan vra om enigiemand wat hulle vind wat daardie taal praat, se adres neer te skryf en dit vir die diensopsiener te gee, sodat hy dit vir die gemeente of groep kan gee wat hulp gevra het. Die diensopsieners van die betrokke gemeentes kan ’n onderling aanvaarbare stelsel uitwerk om veeltalige gebied te dek en belangstellendes na die gepaste gemeente of groep te rig.

As verkondigers iemand van ’n ander taal vind wat beslis belangstelling toon (of iemand wat doof is), moet hulle dadelik ’n Volg asseblief op-vorm (S-43) invul en dit vir die gemeentelike sekretaris gee. Die persoon sal dan gou geestelike hulp kan ontvang.—Sien km 5/11 bl. 3.

[Venster op bladsy 4]

Hoe om mense te vind wat julle taal praat

• Vra ander mense—Bybelstudente, gesinslede, werksmaats, ensovoorts.

• Gebruik ’n telefoongids om name te vind wat algemeen in die taal is. ’n Lys name wat volgens adres gerangskik is, is dalk op die Internet beskikbaar of kan deur middel van die telefoonmaatskappy bekom word.

• Doen oordeelkundig navraag by plekke wat dienste vir die publiek aanbied, soos plaaslike biblioteke, munisipale kantore en universiteite.

• Kyk of daar in die plaaslike koerant aankondigings is oor openbare bedrywighede wat deur die anderstalige gemeenskap gereël is.

• Besoek plaaslike winkels en sakeondernemings wat in die behoeftes van die anderstalige gemeenskap voorsien.

• Kry eers toestemming en vertoon dan lektuur op ’n tafel by ’n sakeonderneming, sentrum vir universiteitstudente of vervoersentrum wat dikwels besoek word deur mense wat die taal praat.

• As dit in julle land wettig is, kan julle ’n handelsgids of ’n rekenaarprogram koop wat soektogte in openbare gebiede van die Internet doen.

[Venster op bladsy 5]

Wat om in die soekwerk te sê

’n Vriendelike, opregte en openhartige benadering sal agterdog uit die weg ruim. Dit help dikwels om die persoon eers lektuur in die taal te wys.

Nadat jy gegroet het, kan jy sê: “Ons soek na mense wat ․․․․․ praat, sodat ons hulle van die Bybel se hoop kan vertel. Ken jy enigiemand met wie ons kan praat?”

Wanneer jy na die dowes soek, kan jy sê: “Hallo. Kan ek jou iets wys? [Gebruik ’n draagbare videospeler of slimfoon om ’n Bybelvers uit ’n gebaretaalpublikasie te speel.] Ons het ’n aantal gratis video’s beskikbaar wat saamgestel is om in die geestelike behoeftes van dowe mense te voorsien. Weet jy van enigiemand wat doof of hardhorend is en gebaretaal gebruik?” As die huisbewoner nie aan so iemand kan dink nie, help dit dikwels om voorbeelde te gee van plekke waar hy dalk ’n dowe persoon gesien het, soos by die werk, by die skool of in die buurt.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel