Rooster vir die week van 13 Augustus
WEEK WAT BEGIN MET 13 AUGUSTUS
Lied 63 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
bt hfst. 25 ¶1-7, vensters op bl. 199-200 (25 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Esegiël 28-31 (10 min.)
Nr. 1: Esegiël 28:17-26 (4 min. of minder)
Nr. 2: Skei die mites van die feite in verband met Jesus Christus (5 min.)
Nr. 3: Watter tekste het ’n invloed op ’n Christen se beskouing van betrokkenheid by politieke geskille?—rs bl. 301 ¶3–bl. 302 ¶2 (5 min.)
□ Diensvergadering:
5 min: Aankondigings.
10 min: Lê die grondslag om terug te gaan. Bespreking gebaseer op die volgende vrae: (1) Waarom is dit nuttig om tydens die eerste besoek die grondslag vir ’n herbesoek te lê, en hoe kan ons dit doen? (2) Hoe kan ons ’n vraag kies wat die huisbewoner se belangstelling wek, om tydens die volgende besoek te beantwoord? (3) Waarom is dit goed om die volgende bespreking vir ’n spesifieke tyd te reël en om, indien moontlik, die huisbewoner se telefoonnommer of e-posadres te kry? (4) Waarom moet ons probeer om so gou moontlik, miskien binne ’n paar dae, terug te gaan? (5) Watter inligting moet ons neerskryf ná die eerste besoek?
10 min: Voer ’n onderhoud met een of twee voltydse dienaars. Wat het hulle aangespoor om hierdie diens te betree? Watter uitdagings moes hulle die hoof bied om in die voltydse diens te bly, en wat het hulle in staat gestel om dit te doen? Watter seëninge het hulle geniet? Spoor verkondigers aan om gewone pionierdiens tydens die komende diensjaar te oorweeg.
10 min: “Bewaak jou gewete.” Vrae en antwoorde. Meld die datum van die spesiale byeenkomsdag as dit beskikbaar is.
Lied 65 en gebed