Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/12 bl. 1
  • Bewaak jou gewete

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bewaak jou gewete
  • Ons Koninkryksbediening—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan jy ’n goeie gewete behou?
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • ’n Goeie gewete voor God
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Hoe kan ek my gewete oplei?
    Jongmense vra
  • Is jou gewete goed opgelei?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2012
km 8/12 bl. 1

Bewaak jou gewete

1. Wat is die tema van die spesiale byeenkomsdag vir die 2013-diensjaar, en wat is die doel van die program?

1 Ons is elke dag blootgestel aan situasies wat kan veroorsaak dat ons ons gewete skend. Daarom is die tema van die program vir die spesiale byeenkomsdag vir die 2013-diensjaar, wat op 1 September 2012 begin: “Bewaak jou gewete” (1 Tim. 1:19). Die program is saamgestel om elkeen van ons te help om ernstig aandag te skenk aan hoe ons hierdie merkwaardige gawe gebruik wat ons van ons Skepper ontvang het.

2. Watter belangrike vrae sal tydens die program beantwoord word?

2 Let op die volgende punte: Die program sal sewe belangrike vrae oor die gewete beantwoord:

• Watter gevare bestaan daar vir die gewete?

• Hoe kan ons ons gewete oplei?

• Hoe is dit moontlik om rein te wees van die bloed van alle mense?

• Wat openbaar dit omtrent ons as ons oor Bybelbeginsels nadink en dit toepas?

• Hoe kan ons dit vermy om ander in gewetensake te wond?

• Jongmense, hoe kan julle uithou wanneer druk op julle geplaas word om julle geloof prys te gee?

• Watter seëninge ontvang diegene wat hulle geesgerigte gewete volg?

3. Hoe kan ons by die program baat vind?

3 Met Jehovah se hulp kan ons Satan se pogings om ons gewete te verderf, weerstaan. Deur middel van God se Woord en organisasie sê ons liefdevolle hemelse Vader vir ons: “Dit is die weg. Wandel daarop” (Jes. 30:21). Hierdie program is een manier waarop Jehovah hierdie leiding voorsien. Tref dus reëlings sodat jy vir die hele program teenwoordig kan wees. Luister aandagtig en dink na oor hoe jy die inligting persoonlik kan toepas. Praat as ’n gesin oor die program. As ons die riglyne toepas wat ons ontvang, sal dit ons versterk om altyd ‘’n goeie gewete te behou’ en ons help om nie deur die kortstondige genietinge van Satan se wêreld verlok te word en van koers af te raak nie.—1 Pet. 3:16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel