Rooster vir die week van 4 Maart
WEEK WAT BEGIN MET 4 MAART
Lied 62 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 6 ¶7-12, venster op bl. 73 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Markus 9-12 (10 min.)
Nr. 1: Markus 11:19–12:11 (4 min. of minder)
Nr. 2: Word ’n mens ná jou dood nog verder vir sondes gestraf?—rs bl. 399 ¶4-8 (5 min.)
Nr. 3: Waarom dit tot geluk lei as ’n mens ’n persoonlike toewyding aan God maak—Hand. 20:35 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Idees om die tydskrifte in Maart aan te bied. Bespreking. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die volgende vrae: Wat sal bepaal of jy die tydskrifte ook sal aanbied gedurende die naweke wanneer ons die uitnodiging versprei? Wat kan jy sê om van die uitnodiging na die tydskrifte oor te gaan? Hoe kan jy jou aanbieding korter maak, al sluit die voorgestelde aanbiedings ’n vraag en ’n teks in? Demonstreer hoe elke nommer saam met die uitnodiging aangebied kan word.
10 min: Vind baat by Ondersoek die Skrif elke dag—2013. Bespreking. Bespreek kortliks die jaarteks op bladsye 3-4 en “Hoe om hierdie boekie te gebruik”, op bladsy 5. Nooi dan die gehoor om te vertel wanneer hulle tyd opsysit om die dagteks te lees en hoe hulle daarby baat vind. Sluit af deur almal aan te spoor om elke dag die dagteks te lees.
10 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 119 en gebed