Rooster vir die week van 7 Oktober
WEEK WAT BEGIN MET 7 OKTOBER
Lied 92 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 15 ¶1-6, venster op bl. 184 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Efesiërs 1-6 (10 min.)
Nr. 1: Efesiërs 4:1-16 (4 min. of minder)
Nr. 2: Wat dit beteken om eers God se regverdigheid te soek—Matt. 6:33
Nr. 3: Is dit waar dat daar iets goeds in alle gelowe steek?—rs bl. 172 ¶4–bl. 173 ¶2 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Idees om die tydskrifte in Oktober aan te bied. Bespreking. Gebruik 30 tot 60 sekondes om te vertel waarom die tydskrifte in julle gebied byval sal vind. Nooi die gehoor dan om ’n gedagteprikkelende vraag oor die voorbladreeks van Die Wagtoring voor te stel. Vra daarna voorstelle oor watter teks gelees kan word. Doen dieselfde met die Ontwaak! en, as daar genoeg tyd is, met nog ’n artikel in een van die twee tydskrifte. Demonstreer hoe elke nommer aangebied kan word.
10 min: Plaaslike behoeftes.
10 min: Dié wat hard werk (1 Tess. 5:12, 13). Voer ’n onderhoud met twee ouer manne. Watter gemeentelike en ander teokratiese verantwoordelikhede het hulle? Hoe kry hulle dit reg om daarna om te sien sowel as om hulle sekulêre en gesinsverantwoordelikhede na te kom? Hoe maak hulle die bediening ’n prioriteit? Hoe ondersteun hulle gesinslede hulle?
Lied 123 en gebed