Kan jy iemand saamnooi?
In baie gemeentes is daar verkondigers wat net ’n beperkte aandeel aan die bediening kan hê weens chroniese gesondheidsprobleme of bejaardheid (2 Kor. 4:16). Kan jy iemand met hierdie omstandighede nooi om saam met jou na ’n Bybelstudie te gaan? As die verkondiger nie die huis kan verlaat nie, kan jy dalk selfs die studie by sy of haar huis hou. Kan jy soms ’n bejaarde verkondiger of ’n verkondiger met gesondheidsprobleme ’n bietjie saam met jou in die huis-tot-huis-bediening uitneem of op paar herbesoeke neem? Talle ouer verkondigers het baie ondervinding in die bediening. Daarom sal jou pogings nie net vir hulle aanmoedigend wees nie. Jy sal ook daarby baat vind (Rom. 1:12). Jou pogings om op hierdie maniere liefde te betoon, sal deur Jehovah beloon word.—Spr. 19:17; 1 Joh. 3:17, 18.