Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om ’n gesprek te begin om informeel te getuig
Waarom dit belangrik is: Wanneer ons aan die huis-tot-huis-bediening deelneem, vind ons dikwels dat baie mense nie tuis is nie. Maar ons sal dalk met hulle in aanraking kom wanneer ons publieke vervoer gebruik, in ’n dokter se spreekkamer wag, gedurende ons teetyd by die werk, tydens ons pouse by die skool, ensovoorts. Dit is Jehovah se wil dat almal ’n geleentheid moet kry om die Koninkryksboodskap te hoor (1 Tim. 2:3, 4). Om te getuig, moet ons dikwels die inisiatief neem om ’n gesprek te begin.
Wenk vir die maand:
Probeer om elke week ten minste een gesprek te begin met die doel om informeel te getuig.