Rooster vir die week van 14 Julie
WEEK WAT BEGIN MET 14 JULIE
Lied 1 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 10 ¶1-7 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Levitikus 21-24 (10 min.)
Nr. 1: Levitikus 23:1-14 (4 min. of minder)
Nr. 2: Die Bybel leer nie dat alle mense gered sal word nie—rs bl. 343 ¶2 (5 min.)
Nr. 3: Aanneemlike tyd—Gebruik die geleë tyd van God se guns wyslik—it-1-E bl. 37-38, “Acceptable Time”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
10 min: Berei jou voor vir die spesiale kampanje in Augustus. Gee vir elkeen ’n eksemplaar van die nuwe traktaat Waar kan ons antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe vind? as hulle nie een het nie. Gebruik die voorgestelde aanbieding op bladsy 4 en hou twee demonstrasies. Toon eers hoe die traktaat aan die meeste huisbewoners aangebied sal word. Demonstreer dan hoe dit aangebied kan word wanneer die huisbewoner belangstelling toon of wil gesels. Spoor almal aan om ’n volle aandeel aan die kampanje te hê.
5 min: Vind baat by Ondersoek die Skrif elke dag. Bespreking. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor wanneer in die dag hulle die teks lees en hoe hulle daarby baat gevind het om Ondersoek die Skrif elke dag te gebruik.
15 min: “Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om ’n gesprek te begin om informeel te getuig.” Bespreking. Sluit ’n demonstrasie in.
Lied 107 en gebed