Rooster vir die week van 9 Maart
WEEK WAT BEGIN MET 9 MAART
Lied 44 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 21 ¶9-15 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 1-4 (8 min.)
Nr. 1: 1 Samuel 2:30-36 (3 min. of minder)
Nr. 2: Wat het die Bybel oor die Messias voorspel?—igw bl. 10 (5 min.)
Nr. 3: Asa—Tema: Wees ywerig vir rein aanbidding—it-1-E bl. 183-185, “Asa”, Nr. 1; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
Tema vir die maand: ‘Wees gereed vir elke goeie werk.’—Titus 3:1.
10 min: “Wees gereed vir elke goeie werk.” Toespraak gebaseer op die tema vir die maand. Lees en bespreek Spreuke 21:5, Titus 3:1 en 1 Petrus 3:15. Verduidelik hoe goeie voorbereiding Christene tot voordeel strek. Kyk kortliks na ’n paar van die Diensvergaderingdele vir die maand en bespreek hoe dit met die tema vir die maand verband hou.
10 min: Voer ’n onderhoud met die opsiener van die Teokratiese Bedieningskool. Wat behels jou toewysing? Hoe berei jy elke week voor om die skool te behartig? Waarom moet studente goed voorberei vir hulle toewysings? Watter voordele sal die gehoor ontvang as hulle die materiaal deurlees voordat hulle vergadering toe kom?
10 min: “Berei jy vir die Gedenkmaal voor?” Bespreking. Hersien kortliks die inligting op bladsy 2 van Ons Koninkryksbediening vir Maart 2013. Sluit ’n demonstrasie in waartydens ’n verkondiger ’n besoeker by die Gedenkmaal verwelkom.
Lied 8 en gebed