Berei jy vir die Gedenkmaal voor?
Dit was 13 Nisan 33 HJ. Jesus het geweet dat hy voor sy teregstelling nog net een aand het om saam met sy intiemste metgeselle deur te bring. Hy sou sy laaste Pasga saam met hulle vier en dan iets nuuts, die Here se Aandmaal, instel. Vir so ’n belangrike geleentheid was voorbereiding beslis nodig. Hy het Petrus en Johannes dus gestuur om voorbereidings daarvoor te tref (Luk. 22:7-13). Sedertdien moes Christene wat die Gedenkmaal wou hou, elke jaar vir hierdie geleentheid voorberei (Luk. 22:19). Watter basiese dinge moet ons doen om vir die komende Gedenkmaal op 3 April voor te berei?
Voorbereiding deur die verkondigers:
Tref reëlings om ’n volle aandeel te hê aan die kampanje om Gedenkmaaluitnodigings te versprei.
Maak ’n lys van Bybelstudente, familielede, skoolmaats, werksmaats en ander kennisse en nooi hulle.
Lees en peins oor die Bybelleesgedeeltes vir die Gedenkmaal.
Kom na die Gedenkmaal, gereed om besoekers te verwelkom.